10 Maart
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
10 Maart is die 69ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (70ste in skrikkeljare). Daar volg nog 296 dae in die res van die jaar.
| << | Maart 2010 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
| 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
| 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
| 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
| 28 | 29 | 30 | 31 | |||
| Al die dae | ||||||
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 241 v.C. - Rome verslaan Kartago in die Slag van die Aegate-eilande wat die Eerste Puniese Oorlog beëindig.
- 1045 - Pous Benedictus IX volg Pous Silvester III op.
- 1511 - In sy laaste konsistorie stel Pous Julius II nog nege nuwe kardinale aan.
- 1831 - Die Franse Vreemdelinge Legioen word deur koning Louis-Philippe gestig om die oorlog in Algerië te ondersteun.
- 1870 - Pous Pius IX verklaar Pous Urbanus V salig.
- 1876 - Alexander Graham Bell voer die eerste suksesvolle telefoonoproep uit.
- 1951 - Rhodes-universiteit word 'n volwaardige, onafhanklike universiteit.
- 1952 – Nadat hy volgens wet verbied is om herverkiesing na te streef, voer voormalige President Fulgencio Batista 'n staatsgreep uit om beheer van Kuba oor te neem.
- 2000 - Die NASDAQ effektebeursindeks bereik 'n hoogtepunt van 5048,62, die hoogste vlak van die dot-comvoorspoedgolf.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
[wysig] Vakansies, vierings, en waarmeningsdae
- Feesdag van Pous Simplicius in die Rooms-Katolieke Kerk.