Álava

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Álava-provinsie

Álava (Baskies: Araba) is 'n provinsie van Noordelike Spanje in die suidelike deel van die Outonome Gemeenskap van die Baskeland en een van die tradisionele gebiede van die historiese Baskeland. Die provinsie het 'n bevolking van 301 926[1] en 'n oppervlak van 2 963 km².

Dit word begrens deur die provinsies Burgos, La Rioja, Navarra, Gipuzkoa, en Biskaje. Binne Álava is Condado de Treviño, 'n enklawe wat deel is van Burgos provinsie, Castile en León.

Die hoofstad van Álava is Vitoria-Gasteiz (Vitoria is die Spaanse naam, Gasteiz die Baskiese naam), wat ook dien as hoofstad van die outonome gemeenskap. Die provinsie word in sewe graafskappe (cuadrillas) verdeel: Añana; Ayala; Campezo; Laguardia; Salvatierra; Vitoria en Zuya.

Verwysings[wysig]

  1. 2006 Amptelike Skatting, Besoek op 20 Oktober 2007