1332

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
1332

| 13de eeu | ◄ 14de eeu ► | 15de eeu |

◄ ◄ | | 1327 | 1328 | 1329 | 1330 | 1331 | ◄ 1332 ► | 1333 | 1334 | 1335 | 1336 | 1337 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis
Calendar-nl.png Kalenders
Gregoriaanse kalender 1332
MCCCXXXII
Ab urbe condita 2085
Armeense kalender 781

ԹՎ ՉՁԱ

Sjinese kalender 4028 – 4029

戊未 – 己申

Ethiopiese kalender 1324 –1325
Hebreeuse kalender 5092 – 5093
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 1387 – 1388
- Shaka Samvat 1254 – 1255
- Kali Yuga 4433 – 4434
Irannese kalender 710 –711
Islamitiese kalender 732 –732


Die jaar 1332 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 32ste jaar van die 14de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Volgens die Juliaanse kalender het die jaar op 'n Woensdag begin.

Gebeure[wysig]

Januarie tot Desember[wysig]

Ongedateerd[wysig]

  • In Trebizonde heers daar algehele verwarring. Die omstrede Keiser Andronikos III word gestenig en opgevolg deur sy buite-eglike seun, Manuel II Komnenos. Manuel II word egter kort daarna vermoor. Sy oom, Basileios word nou die keiser van Trebizonde.
  • Walram van Jülich word die aartsbiskop van Keulen.
  • Die stad Târgu Mureş in Roemenië word die eerste stad om in die Pouslike Register gedokumenteer te word. Die stad se naam word opgeteken as: Novum Forum Siculorum.

Geboortes[wysig]

Sterftes[wysig]

  • 5 Januarie – Heinrich II van Virneburg, aartsbiskop van Keulen.
  • Februarie – Henry Hussey, 1ste Baron Hussey (* circa 1265)
  • 13 Februarie – Andronikos II Palaiologos, Bisantynse keiser (* 25 Maart 1259)
  • 13 Maart – Theodore Metochites, Bisantynse staatsman, skrywer, filosoof, geleerde en Beskermheer van die kunste (* 1270)
  • 16 Junie – Adam de Brome, stigter van die Oriel College in Oxford, Engeland.
  • 20 Julie – Thomas Randolph, 1ste Graaf van Moray en heerser van Skotland.
  • 2 Augustus – Koning Christoffel II van Denemarke (* 29 September 1276)
  • 11 Augustus
    • Domhnall II, Graaf van Mar.
    • Robert Bruce, buite-egtelike seun van koning Robert I van Skotland
    • Robert Keith, Skotse soldaat (gesterf tydens die Slag van Dupplin Moor).
  • Datum onbekend
    • Andronikos III Megas Komnenos, keiser van Trebizonde (* 1310)
    • Jayaatu Khan, Keiser Wenzong van die Yuan-dinastie in Sjina (* 1304)
    • Muireadhach III, Graaf van Menteith
    • Rinchinbal Khan, Keiser Ningzong van die Yuan-dinastie in Sjina (* 1326)
    • James Bane, biskop van St Andrews
    • Bertrand de Turre, Franse teoloog en kardinaal (* 1262)
    • Andreas Perusinus, Fransiskaanse monnik en biskop.
    • Frederik IV, Burggraaf van Neurenberg, seun van Frederik III van Neurenberg (* 1287)
    • Marie van Valois, prinses van Frankryk, oudste dogter van Karel van Valois en moeder van Johanna I van Napels (* 1309)