2004 VSA Grand Prix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die 2004 VSA Grand Prix is op die naweek van 18-20 Junie by Indianapolis Motor Speedway gehou.

Verslag[wysig]

Kwalifisering[wysig]

Rubens Barrichello het troonposisie gewen met 'n tyd van 1 minuut en 10,23 sekondes.

Ren[wysig]

Die ren was dramaties nadat Juan Pablo Montoya na die spaarkar moes skuif met minder as 15 sekondes voor die opwarmingsrondte en op die eerste draai was daar 'n 4 kar ongeluk en die veiligheidsmotor is uitgestuur. Op die 9de rondte het Fernando Alonso 'n band gebars en het 'n advertensie getref. Die volgende rondte het Ralf Schumacher op die 13de draai teen 290kph ook 'n band gebars en het 'n rugwerwel gekraak wat veroorsaak het dat hy vir die maande nie jaag nie. Die veiligheidsmotor is weer vir 10 rondte uitgestuur. Die res van die ren het meestal sonder gebeure voortgegaan behalwe vir 'n paar meganiese probleme na die lang veiligheidsmotorperiodes en Juan Pablo Montoya is met 10 rondtes oor gediskwalifiseer omdat hy onwettig die spaarmotor gebruik het. Na 73 rondtes het Michael Schumacher gewen vanaf Rubens Barrichello en Takuma Sato het sy eerste podium posisie verdien. In die ren was betroubaarheid 'n groot kwessie omdat net 8 van die 20 wat weggespring het klaargemaak het. 6 van die 12 wat nie klaargemaak het nie is weens ongelukke uit, 5 van hulle weens meganiese probleme en 1 is gediskwalifiseer.