55 Cancri

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
55 Cancri
’n Kaart van die sterrebeeld Kreef met die posisie van 55 Cancri in ’n sirkel aangedui.
’n Kaart van die sterrebeeld Kreef met die posisie van 55 Cancri in ’n sirkel aangedui.
Sterrebeeld Kreef
Spektraaltipe G8V / M3,5-4V
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 08h 52m 35,81s
Deklinasie +28° 19′ 51.0″
Skynmagnitude (m) 13,15
Besonderhede
Massa (M) 0,95
Radius (R) 1,152
Ligsterkte (L) 0,63
Ouderdom (jaar) (7,4–8,7) × 109
Temperatuur (K) 5 373
Afstand (ligjaar) 41
Planete 5
Ander name
BD+28°1660, Gliese 324, HD 75732, HIP 43587, HR 3522, Rho1 Cancri
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

55 Cancri is ’n dubbelster sowat 41 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kreef. Die stelsel bestaan uit ’n G-tipe hoofreeksster en ’n kleiner rooi dwerg. Hulle is meer as 1 000 AE van mekaar af (duisend keer die afstand tussen die Aarde en die Son).

Sedert 2011 is vyf planete bevestig wat om die hoofster, 55 Cancri A (die geel dwerg), wentel. Daar kan meer planete wees. Die binneste planeet, 55 Cancri e, beweeg voor die ster verby soos van die Aarde af gesien.[1]

Sigbaarheid[wysig]

Die 55 Cancri-stelsel is taamlik na aan ons sonnestelsel: sowat 40,3 ligjare.[2] Die hoofster het ’n skynbare helderheid van 5,95 en kan dus deur ’n verkyker gesien word. As dit baie donker is, kan dit net-net met die blote oog gesien word. Die rooi dwerg het ’n skynbare helderheid van 13 en kan net met ’n teleskoop gesien word.

Die komponente[wysig]

Die hoofster is ’n geel dwerg van tipe G8V. Dit is kleiner as die Son en het ’n effens kleiner massa. Dit het meer metale as die Son. Dit maak dit moeilik om die ster se ouderdom en massa te bepaal, maar sy ouderdom word gewoonlik op sowat 5,5 miljard jaar geraam.[3] Ander studies gee ramings van tussen 7,4 miljard en 8,7 miljard jaar.[4]

55 Cancri B is ’n rooi dwerg sowat 1 065 AE van die hoofster,[5] en is baie kleiner en dowwer as die Son. Ondanks die afstand tussen hulle, lyk dit of die twee sterre swaartekraggebonde is.[6] Daar is aanduidings dat komponent B self ’n dubbelster is, maar dit is onseker.[7]

Planetêre stelsel[wysig]

’n Vergelyking van die binneste planete van 55 Cancri A (swart) met die planete van ons sonnestelsel.

Die eerste ster wat ontdek is, is b, wat HR 3522b genoem is deur sy ontdekkers (HR 3522 is ’n alternatiewe naam vir 55 Cancri).[8] Die planeet is egter beer bekend as 55 Cancri b.[9]

In 1998 is die ontdekking van ’n moontlike stofring om 55 Cancri A aangekondig,[10] maar dit kon nie bevestig word nie.[11]

Ná verdere metings is die ontdekking van ’n planeet in 2002 aangekondig met ’n wentelafstand van sowat 5 AE.[6] Dit is 55 Cancri d genoem. Nog ’n moontlike planeet, 55 Cancri c, is terselfdertyd ontdek.

Die ontdekking van 55 Cancri e is in 2004 aangekondig.[12] Dit het ’n massa van 8,3 keer dié van die Aarde. Die metings wat tot dié ontdekking gelei het, het ook die bestaan van 55 Cancri c bevestig.

In 2007 is die ontdekking van 55 Cancri f aangekondig. 55 Cancri was dus die eerste bekende vyfplaneetstelsel. Planeet f het dieselfde massa as c gehad en is binne die ster se gebied wat moontlik lewe kan bevat.[13][14] Daar word nie geglo die planeet self het lewe nie, maar hipotetiese mane kan wel minstens mikrobiese lewe huisves.

Daar kan moontlik nog planete wees in die stelsel se stabiele sone, tussen f en d.

Die 55 Cancri-stelsel[1][15]
Planeet
(vanaf ster)
Massa Semi-hoofas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
Eksentrisiteit Radius
e 8,63 ± 0,35 M 0,01560 ± 0,00011 0,736537 ± 0,000013 0,17 ± 0,04 2,00 ± 0,14 R
b 0,825 ± 0,003 MJ 0,1148 ± 0,0008 14,6507 ± 0,0004 0,010 ± 0,003
c ≥0,171 ± 0,004 MJ 0,2403 ± 0,0017 44,364 ± 0,007 0,005 ± 0,003
f ≥0,155 ± 0,008 MJ 0,781 ± 0,006 259,8 ± 0,5 0,30 ± 0,05
d ≥3,82 ± 0,04 MJ 5,74 ± 0,04 5169 ± 53 0,014 ± 0,009

Kommunikasie[wysig]

’n Boodskap is op 6 Julie 2003 van die Aarde na 55 Cancri gestuur. Dit is "Cosmic Call 2" genoem en sal die ster in Mei 2044 bereik.[16]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 (2011) “A Super-Earth Transiting a Naked-Eye Star”. The Astrophysical Journal Letters 737 (1). DOI:10.1088/2041-8205/737/1/L18.
  2. van Leeuwen, F. (2007). “HIP 43587”. Hipparcos, the New Reduction. URL besoek op 2009-12-08.
  3. (2005) “On the Ages of Exoplanet Host Stars”. Astronomy and Astrophysics 443 (2): 609–626. DOI:10.1051/0004-6361:20053452.
  4. Mamajek, Eric E.; Hillenbrand, Lynne A. (November 2008). “Improved Age Estimation for Solar-Type Dwarfs Using Activity-Rotation Diagnostics”. The Astrophysical Journal 687 (2): 1264–1293. DOI:10.1086/591785.
  5. (2003) “Planets in Binaries”. Scientific Frontiers in Research on Extrasolar Planets 294: 43–46.
  6. 6,0 6,1 (2002) “A planet at 5 AU Around 55 Cancri”. The Astrophysical Journal 581 (2): 1375–1388. DOI:10.1086/344298.
  7. (2006) “Two Suns in The Sky: Stellar Multiplicity in Exoplanet Systems”. The Astrophysical Journal 646 (1): 523–542. DOI:10.1086/504823.
  8. (1997) “Three New 51 Pegasi Type Planets”. The Astrophysical Journal Letters 474 (2): L115–L118. DOI:10.1086/310444.
  9. Jean Schneider (2011). “Notes for Planet 55 Cnc b”. Extrasolar Planets Encyclopaedia. URL besoek op 8 Oktober 2011.
  10. (1998) “A circumstellar dust disk around a star with a known planetary companion” (PDF). Nature 395 (6704): 775–777. DOI:10.1038/27389.
  11. (2001) “NICMOS Coronagraphic Observations of 55 Cancri”. The Astronomical Journal 121 (1): 525–537. DOI:10.1086/318050.
  12. (2004) “Detection of a NEPTUNE-mass planet in the ρ1 Cnc system using the Hobby-Eberly Telescope”. The Astrophysical Journal Letters 614 (1): L81–L84. DOI:10.1086/425561.
  13. Astronomers Discover Record Fifth Planet Around Nearby Star 55 Cancri”. Sciencedaily.com: November 6, 2007. URL besoek op 2008-09-14.
  14. (2008) “Five Planets Orbiting 55 Cancri”. The Astrophysical Journal 675 (1): 790–801. DOI:10.1086/525512.
  15. Radial velocity planets de-aliased. A new, short period for Super-Earth 55 Cnc e”. The Astrophysical Journal 722: 937–953. DOI:10.1088/0004-637X/722/1/937.
  16. Передача и поиски разумных сигналов во Вселенной”. Cplire.ru. URL besoek op 2008-09-14.

Eksterne skakels[wysig]

  • 55 (Rho1) Cancri 2”. SolStation. URL besoek op 2008-06-12.
  • Jean Schneider (2011). “Notes for star 55 Cnc”. Extrasolar Planets Encyclopaedia. URL besoek op 8 Oktober 2011.
  • 55 Cancri”. Extrasolar Visions. URL besoek op 2008-06-12.
Sterre met vier of meer planete
Agt: SonSewe: HD 10180Kepler-90Ses: HD 40307Kepler-11Vyf: 55 CancriGliese 667 CKepler-186Kepler-20Kepler-62Kepler-32Kepler-33 • Kepler-55 • Kepler-84 • Kepler-102 • Kepler-122 • Kepler-169 • Kepler-238 • Kepler-292 • Kepler-296 • Vier: Gliese 876Upsilon AndromedaeMu AraeGliese 676 A • HD 141399 • HR 8799Kepler-37 • Kepler-24 • Kepler-89 • Kepler-26 • Kepler-48 • Kepler-49 • Kepler-80 • Kepler-79 • Kepler-82 • Kepler-85 • Kepler-106 • Kepler-282