67ste Oscar-toekenningsaand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
67ste Oscar-toekenningsaand
Film Oscar.svg
Datum 27 Maart 1995
Plek Shrine Auditorium,
Los Angeles
Aanbieder David Letterman
Beste rolprent Forrest Gump
Meeste pryse Forrest Gump (6)
Meeste benoemings Forrest Gump (13)

Die 67ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 1995 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1994. Die aanbieder was David Letterman.

Die seremonie word dalk die beste onthou om sy aanbieder. Letterman is deur sommige beskou as anders maar goed; die meeste resensente het egter sy optrede as uiters swak beskryf en die hoop uitgespreek dat hy nooit weer die Oscars aanbied nie. Die negatiewe reaksie was hoofsaaklik weens Letterman se absurde soort humor.

Forrest Gump het die aand oorheers met 13 benoemings, waarvan dit ses gewen het – onder meer die tweede agtereenvolgende Oscar vir Tom Hanks vir beste akteur. Hanks was net die tweede persoon wat twee jaar agtereenvolgens in dié kategorie gewen het (die eerste was Spencer Tracy).

’n Dokumentêre prent is amper dié jaar as beste rolprent benoem. ’n Speisale komitee stem vir die beste dokumentêr. Hoop Dreams het nie hul kortlys gehaal nie, hoewel dit op meer top-10-lyste van resensente was as enige ander fliek, insluitende Forrest Gump, The Shawshank Redemption en Pulp Fiction. Baie vooraanstaande resensente het ’n beroep op lede van die Academy gedoen om die dokumentêr as beste rolprent te benoem, iets wat nog nooit gebeur het nie. Hul poging het egter nie geslaag nie; Hoop Dreams is wel vir beste rolprentredigering benoem, een van die min dokumentêre wat in ’n algemene kategorie benoem is.

Pryse[wysig]

Tom Hanks face.jpg
Tom Hanks
Jessica Lange face.JPG
Jessica Lange
Martin Landau nineties.jpg
Martin Landau

Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]

Beste rolprent Beste regisseur
  • Forrest Gump – Wendy Finerman, Steve Tisch, Steve Starkey
    • Four Weddings and a Funeral – Duncan Kenworthy
    • Pulp Fiction – Lawrence Bender
    • Quiz Show – Robert Redford, Michael Jacobs, Julian Kranin, Michael Nozik
    • The Shawshank Redemption – Niki Marvin
Beste akteur Beste aktrise
  • Tom Hanks – Forrest Gump
    • Morgan Freeman – The Shawshank Redemption
    • Nigel Hawthorne – The Madness of King George
    • Paul Newman – Nobody's Fool
    • John Travolta – Pulp Fiction
Beste manlike byspeler Beste vroulike byspeler
  • Martin Landau – Ed Wood
    • Samuel L. Jackson – Pulp Fiction
    • Chazz Palminteri – Bullets Over Broadway
    • Paul Scofield – Quiz Show
    • Gary Sinise – Forrest Gump
  • Dianne Wiest – Bullets Over Broadway
    • Rosemary Harris – Tom & Viv
    • Helen Mirren – The Madness of King George
    • Uma Thurman – Pulp Fiction
    • Jennifer Tilly – Bullets Over Broadway
Beste oorspronklike draaiboek Beste verwerkte draaiboek
  • Pulp Fiction – Quentin Tarantino, Roger Avary
    • Bullets Over Broadway – Woody Allen, Douglas McGrath
    • Four Weddings and a Funeral – Richard Curtis
    • Heavenly Creatures – Peter Jackson, Fran Walsh
    • Three Colors: Red – Krzysztof Kieślowski, Krzysztof Piesiewicz
  • Forrest Gump – Eric Roth
    • The Madness of King George – Alan Bennett
    • Nobody's Fool – Robert Benton
    • Quiz Show – Paul Attanasio
    • The Shawshank Redemption – Frank Darabont
Beste buitelandse rolprent Beste kinematografie
  • Legends of the Fall – John Toll
    • Forrest Gump – Don Burgess
    • The Shawshank Redemption – Roger Deakins
    • Three Colors: Red – Piotr Sobocinski
    • Wyatt Earp – Owen Roizman
Beste oorspronklike musiek Beste oorspronklike liedjie
  • The Lion King – Hans Zimmer
    • Forrest Gump – Alan Silvestri
    • Interview with the Vampire – Elliot Goldenthal
    • Little Women – Thomas Newman
    • The Shawshank Redemption – Thomas Newman
  • "Can You Feel the Love Tonight" uit The Lion King – Elton John, Tim Rice
    • "Look What Love Has Done" uit Junior – Carole Bayer Sager, James Newton Howard, James Ingram, Patty Smyth
    • "Circle of Life" uit The Lion King – Elton John, Tim Rice
    • "Hakuna Matata" uit The Lion King – Elton John, Tim Rice
    • "Make Up Your Mind" uit The Paper – Randy Newman
Beste rolprentredigering Beste visuele effekte
  • Forrest Gump – Arthur Schmidt
    • Hoop Dreams – Frederick Marx, Steve James, Bill Haugse
    • Speed – John Wright
    • The Shawshank Redemption – Richard Francis-Bruce
    • Pulp Fiction – Sally Menke
  • Forrest Gump – Ken Ralston, George Murphy, Stephen Rosenbaum, Allen Hall
    • True Lies – John Bruno, Thomas Fisher, Jacques Stroweis, Patrick McClung
    • The Mask – Scott Squires, Steve Williams, Tom Bertino, Jon Farhat

Ereprys[wysig]

  • Michelangelo Antonioni

Irving G. Thalberg-gedenkprys[wysig]

Jean Hersholt- Humanitêre Prys[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. The 67th Academy Awards (1995) Nominees and Winners”. oscars.org. URL besoek op 2011-10-23.

Eksterne skakels[wysig]

Oscar-toekenningsaande
1ste (1929)2de (1930)3de (1930)4de (1931)5de (1932)6de (1934)7de (1935)8ste (1936)9de (1937)10de (1938)11de (1939)12de (1940)13de (1941)14de (1942)15de (1943)16de (1944)17de (1945)18de (1946)19de (1947)20ste (1948)21ste (1949)22ste (1950)23ste (1951)24ste (1952)25ste (1953)26ste (1954)27ste (1955)28ste (1956)29ste (1957)30ste (1958)31ste (1959)32ste (1960)33ste (1961)34ste (1962)35ste (1963)36ste (1964)37ste (1965)38ste (1966)39ste (1967)40ste (1968)41ste (1969)42ste (1970)43ste (1971)44ste (1972)45ste (1973)46ste (1974)47ste (1975)48ste (1976)49ste (1977)50ste (1978)51ste (1979)52ste (1980)53ste (1981)54ste (1982)55ste (1983)56ste (1984)57ste (1985)58ste (1986)59ste (1987)60ste (1988)61ste (1989)62ste (1990)63ste (1991)64ste (1992)65ste (1993)66ste (1994)67ste (1995)68ste (1996)69ste (1997)70ste (1998)71ste (1999)72ste (2000)73ste (2001)74ste (2002)75ste (2003)76ste (2004)77ste (2005)78ste (2006)79ste (2007)80ste (2008)81ste (2009)82ste (2010)83ste (2011)84ste (2012)85ste (2013)86ste (2014)