ABBA

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
ABBA
ABBA - TopPop 1974 5.png
ABBA in 1974, vanaf links tot regs: Benny Andersson, Frida Lyngstad, Agnetha Fältskog en Björn Ulvaeus
Alias Björn en Benny, Agnetha en Anni-Frid
Oorsprong Stockholm (Swede)
Genre(s) Pop, Euro disco, Europop, Pop Rock
Aktiewe jare 1972 – 1982
Uitgewer(s) Polar, Polydor, Atlantic, Universal, Epic, Vogue, RCA, PolyGram, Sunshine (Zimbabwe-Rhodesië), Ariston/Dig It (Italië)
Webwerf abbasite.com
Lede Agnetha Fältskog
Björn Ulvaeus
Benny Andersson
Anni-Frid "Frida" Lyngstad
Assosiasies Hep Stars, Hootenanny Singers, Benny Anderssons Orkester
Logo ABBA.svg
Portal.svg Musiekportaal
Een van ABBA se lede, Agnetha Fältskog, tydens 'n optrede in 1977

ABBA (19721983) was 'n Sweedse popmusiekgroep. Hulle bly tot vandag toe die mees suksesvolle Sweedse musiekgroep en was een van die gewildste groepe in die wêreld. Die groep het die topposisies op musieklyste wêreldwyd gedomineer gedurende die middel-tot-laat 1970's en vroeë 1980's, en het treffer enkelsnitte en albums verkoop. Geraamde getalle van ABBA se verkope wêreldwyd staan op 100 tot 500 miljoen kopieë (daar blyk geen betroubare bron vir hierdie inligting te wees nie), wat hulle die tweede suksesvolste groep van alle tye sou maak, na die Beatles. Hulle was die eerste musiekgroep van die Europese vasteland wat gereelde posisies op die Britse, Amerikaanse en Australiaanse musieklyste beklee het, en hulle sukses het daarvolgens deure oopgemaak vir ander Europese musiekgroepe. Hulle blywende nalatenskap is die legitimasie van die Sweedse musiekbedryf tot 'n hoofstroomkompeteerder.

"ABBA" is 'n akroniem gevorm uit die eerste letter van elk van die groeplede se naam. Dit word gewoonlik geskryf as "ABBA" maar word ook soms geskryf as 'n woord, Abba. Die eerste 'B' in die embleemweergawe van die naam is omgekeer (ᗅᗺᗷᗅ) op die groep se reklamemateriaal sedert 1976 en is 'n geregistreerde handelsmerk.

ABBA is gevorm in 1972 met Björn Ulvaeus, Benny Andersson, Agnetha Fältskog, en Anni-Frid Lyngstad (bynaam: "Frida"). Hulle het wydbekend geword nadat hulle die 1974 Eurovision-sangfees gewen het met "Waterloo". Die groep het bestaan uit twee paartjies, Björn en Agnetha tesame met Benny en Frida. ABBA se lede het aan die begin van 1983 saam besluit om 'n blaaskans te vat. En hulle het tot vandag toe nog nooit weer saam 'n opname gedoen nie.

Daar is tans ander sangsterre in verskeie lande wat weer ABBA-trefferliedjies sing en optredes doen ter ere aan die goue ABBA-jare.

Eksterne skakels[wysig]