AGV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n AGV-trein

Die AGV ('n afkorting van die Franse Automotrice à grande vitesse) is 'n nuwe reeks Franse hoësnelheidstreine wat deur die maatskappy Alstom vervaardig en as opvolger van die TGV beskou word. Die trein is aanvanklik as 'n gemeenskaplike projek van Alstom en die Franse spoorwegmaatskappy SNCF ontwikkel, maar SNCF het sy deelname later beëindig.[1] Die nuwe trein, wat in tegniese opsig die vierde generasie van TGV-hoësnelheidstreine verteenwoordig, is uiteindelik deur Alstom teen 'n koste van sowat 100 miljoen € ontwikkel, en die eerste treine sal na verwagting in 2010 in bedryf gestel word.

Die tegniese hoofverskille teenoor die voorloper TGV is die hoër reissnelheid (360 kilometer per uur teenoor die TGV se 320 km/h), die groter aantal sitplekke (615) en nuwe enjins wat - net soos by die Duitse hoësnelheidstrein ICE - nou oor die hele lengte van die trein verdeel sal word. In vergelyking met die TGV sal die AGV se nuwe enjins ook energiebesparend wees. Ook die AGV se gewig is in vergelyking met ander tipes hoësnelheidstreine verminder sodat die totale energiebesparing tot by 30 persent sal beloop.

Mark en klante[wysig]

Die eerste AGV-prototipe, wat uit drie waens bestaan het, is op 5 Februarie 2008 naby La Rochelle amptelik bekend gestel. [2]

Die Italiaanse privaatmaatskappy Nuovo Trasporto Viaggiatori (NTV) was die eerste onderneming wat in Januarie 2008 25 treine met 11 seksies elk bestel het. Elkeen van de treine bied sitplekke vir 500 passasiers. Die treine sal vanaf die jaar 2011 vir spoorwegverbindings tussen Milaan, Turyn en Napels en tussen Rome, Venesië en Bari gebruik word. Die treine, wat volgens die kontrak 30 jaar lank deur Alstom gediens sal word, is teen 'n totale koste van 1,5 miljard € aangeskaf.[3]

Volgens persberigte oorweeg ook die Duitse spoorwegmaatskappy Deutsche Bahn AG[4] om AGV-treine aan te skafn die Franse lugredery Air France om AGV-treine aan te skaf.[5]

Verwysings[wysig]

  1. Der neue TGV heißt AGV. In: Frankfurter Allgemeine Zeitung Nr. 31, 6 Februarie 2008, bl. 14
  2. Frankreich setzt neuen ICE-Konkurrenten auf die Schiene. (FAZ.NET-video)
  3. Ecco il treno di Montezemolo
  4. Bahn will nach 2010 in Frankreich fahren. In: Der Spiegel, nommer 7, 11 Februarie 2008, bl. 61
  5. Air France erwägt Kauf des AGV. In: Focus Money (aanlyn-uitgawe), 7 Februarie 2008
TGV Hoëspoedtreine
Acela Express | Aérotrain | AGV | AVE | Eurostar | Eurostar Italia | Flytoget | InterCityExpress | JR-Maglev MLX01 | Magneetsweeftreine | Pendolino | Sapsan |
Shinkansen | TGV | Thalys | Treno Alta Velocità | Transrapid | X 2000