Aandblom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aandblom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Monocots
Orde: Asparagales
Familie: Iridaceae
Genus: Hesperantha
Spesie: H. falcata
Binomiale naam
Hesperantha falcata
Ker Gawl

Aandblom verwys na verskillende plante waarvan die blomme saans oopgaan en gewoonlik 'n soet geur afgee. Die bekendste aandblomme is dié wat aan die genera Gladiolus, Hesperantha en Pelargonium behoort. Aandblomme word in Suid-Afrika veral in die Kaapprovinsie aangetref, maar ook in gebiede in Midde- en Noord-Afrika. Daar is ook 'n paar spesies wat in die gebiede om die Middellandse See voorkom en een skaars spesie wat in Engeland groei.

Blomme gaan oop om insekte na hulle stuifmeeldraadjies te lok, wat belangrik is vir bestuiwing en voortplanting. Aandblomme maak dus gebruik van insekte wat snags aktief is hiervoor.

Gesien dat aandblomme tot verskeie blomspesies behoort, is daar nie werklik universele fisiese kenmerke nie. Hulle kan óf enkelvoudig of in 'n tros aan 'n stingel sit. Sommige het 'n silindriese ronde blom soos 'n tulp, terwyl ander kelkagtig is. Ook verskil die kleur van spesie tot spesie.

Spesies[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • Aandblom in Wêreldspektrum, volume 1. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.