Abecedarium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Abecedarium (afgelei van ABCD) is ’n inskripsie wat die letters van die alfabet weergee, feitlik altyd in die regte volgorde.

Sommige abecedaria sluit ou letters in wat nie in ander inskripsies voorkom nie. Die abecedaria in die Etruskiese alfabet van Marsiliana in Italië, wat uit omstreeks 700 v.C. dateer, sluit die letters B, D en O in wat klanke voorstel wat nie in Etruskies voorgekom het nie en dus nie in ander Etruskiese inskripsies gebruik is nie. Ander, soos Safaïtiese inskripsies, in ’n ou Noord-Arabiese dialek, gee die letters in verskillende volgordes aan, wat waarskynlik beteken dat die skrif nie formeel geleer is nie.