Barclays Afrika Groep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Absa)
Spring na: navigasie, soek
Barclays Afrika Groep
Tipe Openbare maatskappy
Gestig 1991 (as Amalgameerde Banke van Suid-Afrika) naam verander tot Barclays Afrika Groep in 2013
Hoofkantoor Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika
Sleutelpersone Wendy Lucas-Bull (voorsitter van die raad)
Maria Ramos (groep uitvoerende hoof)[1]
Gebied bedien Botswana, Ghana, Kenia, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Seychelle, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië.
Industrie Bankwese, finansiële dienste, Beleggingsdienste, Versekeringsdienste
Produkte Kommersiële bankwese, finansies en versekering, Kleinhandelbankwese, kredietkaarte, Private ekwiteit, Beleggingsbestuur, Beleggingsbankwese
Inkomste R4,66 miljard[2] (2013)
Werknemers 33 879 (2013)
Moedermaatskappy Barclays plc (62,3%)
Webwerf absa.co.za

Barclays Afrika Groep (JSE: ASA), wat ook bekendstaan as ABSA of Absa, is die grootste verbruikersbank in Suid-Afrika. Die hoofkantoor is in Johannesburg en het 33 166 werknemers — plaaslik sowel as oorsee.

Geskiedenis[wysig]

Die hoofkwartier van Absa in Johannesburg

Amalgameerde Banke van Suid-Afrika is in 1991 gestig deur die United, Allied en Volkskas Groepe en dele van die Sage Groep. Dít is gevolg deur die oorname van Bankorp Groep (wat TrustBank, Senbank en Bankfin ingesluit het) in 1992. Hierdie banke het almal steeds onder hul eie name handel gedryf tot en met 1998, toe die United, Volkskas, Allied en TrustBank tot een handelsnaam saamgesmelt het. In 1997 is die naam van die houermaatskappy verander van Amalgameerde Banke van South Africa na Absa Groep Beperk[3]. In 2000 het die Absa Groep ’n 51% aandeel in Unifer bekom. In 2002 is Banco Austral Mozambique oorgeneem en in 2004 het die Absa Groep alle aandele van die Avena LeasePlan (Edms) Bpk gekoop, asook 61% van Sineus Holdings AG en ’n addisionele 30% van Abvest Holdings (Edms) Bpk.

In 2005 is die besit van Sineus opgestoot na 99.9%, ’n 50% aandeel in Banco Commercial Angola is bekom en het Barclays Bank van die Verenigde Koninkryk 'n 56,5% aandeel in Absa gekoop.

Organisasie[wysig]

Absa Groep Beperk is in verskeie seksies gestruktureer wat verskeie dienste lewer.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne Skakels[wysig]