Adam Dollard des Ormeaux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Adam Dollard des Ormeaux
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Die standbeeld van Adam Dollard des Ormeaux in Montreal se Lafontaine-park

Gebore 23 Julie 1635
Ormeaux, Brie, Frankryk
Oorlede 25 Mei 1660
Carillon, Nieu-Frankryk
Bekend vir Slag van Long Sault

Adam Dollard, sieur des Ormeaux (Dollard des Ormeaux) (23 Julie 1635 - 25 Mei 1660) was die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk. Hy het op die ouderdom van 22 jaar na Nieu-Frankryk gekom en is deur Maisonneuve in diens geneem.

In die lente van 1660 het hy saam met 16 metgeselle 'n klein fort naby die Long Sault-stroomversnellings teen 'n groot leër van die Irokesestam verdedig. Sowat 'n week later het hulle gesneuwel.

Adam Dollard word as een van die "helde van Nieu-Frankryk" vereer, aangesien sy weerstand moontlik 'n beplande Irokese aanval op die kolonie Nieu-Frankryk vertraag het. Dollard-Des Ormeaux, 'n stad in die metropolitaanse gebied van Montreal met 48 000 inwoners, is na Adam Dollard vernoem.