Addis Abeba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Addis Abeba

Addis Abeba City.jpg
Kaart Wapen
Etihopiekaart.png
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Ethiopië Ethiopië
 Administratiewe gewes Addis Abeba
 Koördinate 09°01′N 38°45′O
 Stigting 1886
 Oppervlakte:  
 - Totaal 527 vk km
 Hoogte bo seevlak 2 355 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 3 384 569
 - Metropolitaanse gebied 4 567 857
 - Bevolkingsdigtheid 5 165/vk km
 Tydsone UTC +3
 Burgemeester (party) Diriba Kuma

Addis Abeba is die hoofstad en grootste stad van Ethiopië en lê op 'n hoogte van 2 355 m.

Addis Abeba het 'n internasionale lughawe, 'n spoorlyn wat na die hawe van Djiboeti lei en 'n universiteit (1950). Belangrike bedrywe sluit tabak, voedselprodukte, tekstiel, chemikalieë en sement in.

Geskiedenis[wysig]

Die stad is in 1886 gestig deur Menelik II en word reeds twee jaar later die hoofstad. Italië het die stad beset van 1936 tot 1941 toe hulle dit die hoofstad van Italiaans-Oos-Afrika gemaak het.

Besienswaardighede[wysig]

Die St. George-katedraal, nasionale museum, nasionale biblioteek en Menelik II se graftombe is van die besienswaardighede vir die toeris. Die stad was die hoofkwartier van die Organisasie vir Afrika-eenheid en is steeds die hoofkwartier van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika en van die Afrika Unie.

Bevolking[wysig]

Addis Abeba se bevolking is in 1992 geskat op 1 763 000, maar het intussen toegeneem tot 3 627 934 (2007), wat daarvan die grootste stad in 'n land wat nié aan die see grens nie, maak.

Eksterne skakels[wysig]