Afrikaanse Hoër Meisieskool

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Afrikaanse Hoër Meisieskool
Leuse Ek sien haar wen
Gestig 28 Januarie 1920
Tipe Staatskool
Hoof Marna Jordaan
Adjunkhoof(de) J.I. Troskie
D. Heyns
Stigter Jan Joubert en Chris Neethling
Personeel 74
Grade 8-12
Adres Bondstraat, Clydesdale, 0002
Stad Pretoria
Provinsie Gauteng
Land Suid-Afrika
Kleure     
Webblad www.ahmp.co.za/

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool is 'n publieke, hoërskool vir meisies in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika met Afrikaans as die primêre onderrigtaal. Hulle is die susterskool van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Geskiedenis[wysig]

Die skool was oorspronklik in die huis van Generaal Piet Joubert te Visagiestraat 218, Pretoria gehuisves. Teen 1927 het die skool so gegroei dat hulle 'n nuwe skoolterrein benodig het, en is die skool na die huidige terrein geskuif. Teen die einde van 1927 het hulle die Hogere Oosteindschool, 'n Nederlandstalige skool oorgeneem, 'n verdere teken van die afname in gebruik van Nederlands in Suid-Afrika en die aanvaarding van Afrikaans as primêre onderrigtaal.

Teen 1929 het die hudige geboue kapsiteit bereik en is die besluit geneem om 'n nuwe skool vir die seuns te stig. Die Afrikaanse Hoër Seunskool het so tot stand gekom, die eerste aparte seuns- en meisieskole in Suid-Afrika.

In 2003 het die Afrikaanse Hoër Meisieskool die Afrikaanse olimpiade in die kategorie Afrikaans as eerste taal gewen. Potchefstroom Gimnasium in Noord-Wes was tweede en die Hoër Meisieskool Bloemhof van die Wes-Kaap was derde. [1]

Noemenswaardige alumni[wysig]

  • Helena Barnard - 1987-wenner van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedenis-olimpiade.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]