Afrikaanse Hoër Seunskool

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Afrikaanse Hoër Seunskool
Affies wapen.jpg
Leuse Laat daar lig wees
Gestig 28 Januarie 1920
Tipe Staatskool
Hoof Dr. Pierre Edwards
Stigter Jan Joubert en Chris Neethling
Personeel 92
Leerlinge ongeveer 1,200
Grade 8-12
Adres Lynwoodweg 1, Pretoria, 0002
Stad Pretoria
Provinsie Gauteng
Land Suid-Afrika
Kleure               
Koshuis(e) Huis Pannevis
Jaarboek Die Lig
Skoolkoerant Stroomop
Webblad www.affies.co.za
Reklame in 1929 vir die verdeling van die skool in ’n afdeling vir seuns en meisies.
Nagfoto van die skoolgebou.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool, ook bekend as Affies, is ’n publieke hoërskool vir seuns in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika, en is geleë oorkant die wêreldbekende rugbystadium en tuisveld van die Blou Bulle, Loftus Versfeld.

Die skool is op 28 Januarie 1920 gestig en merk die totstandkoming van die eerste suiwer Afrikaans-medium skool in Suid-Afrika. Die gebeurtenis vind plaas vyf jaar voor die amptelike erkenning van die Afrikaanse taal. Die skool is deur Suid-Afrika bekend vir sy hoë akademiese standaarde en die leiers wat hulle opgelewer het.

Geskiedenis[wysig]

Die skool was oorspronklik in die huis van Generaal Piet Joubert te Visagiestraat 218, Pretoria gehuisves. Teen 1927 het die skool so gegroei dat hulle ’n nuwe skoolterrein benodig het, en is die skool na die huidige terrein van die Afrikaanse Hoër Meisieskool geskuif. Teen die einde van 1927 het hulle die Hogere Oosteindschool, ’n Nederlandstalige skool oorgeneem, ’n verdere teken van die afname in gebruik van Nederlands in Suid-Afrika en die aanvaarding van Afrikaans as primêre onderrigtaal.

Teen 1929 het die huidige geboue kapasiteit bereik en is die besluit geneem om ’n nuwe skool vir die seuns te stig. Die Afrikaanse Hoër Seunskool het so tot stand gekom, die eerste aparte Afrikaanse seuns- en meisieskole in die destydse Transvaal.

Skoollied[wysig]

Affies se skoollied:

Cquote1.svg Daar ruis uit Pretoria

die roep tot verre trans
van duisende stemme
vir jou, ou Afrikaans!
Dit bind ons tesame,
die naam van ons trou
soos berge so stewig gebou vir jou!
Ons bring jou ons hulde,
jou lig sal ons dra tot ver oor ons wye Suid-Afrika.

Ons staan vir ons Nasie,
ons Taal en ons Land,
Gestaal vir die stryd om jou lig te laat brand.
Ons grootse verlede;
die hede se krag
Gee moed en vertroue
vir dit wat daar wag.
Ons bring jou ons hulde
jou lig sal ons dra
tot ver oor ons wye Suid-Afrika.

Cquote2.svg

Woorde en Musiek: Mnr. en Mev. Carel van Heerden (1952)

Erekode[wysig]

Affies se erekode:

Cquote1.svg In ons skool gee ons die ereplek aan God en sy Woord en streef die Christelike lewensbeginsels na.

Ons is dankbaar vir die talente wat ons van God ontvang het en wend dit aan tot sy eer. Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien. Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes. Ons woord is ons eer. Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit. Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad. Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon. Ons staan vir ons Taal, ons Nasie en ons Land.

Cquote2.svg

Noemenswaardige alumni[wysig]

  • Louis Schmidt (1954) : Springbok rugbyspeler 1958 en 1962, en die oorspronklike Blou Bul
  • Tonie Roux (1964) : Springbok rugbyspeler 1969 tot 1974
  • Professor Fransjohan Pretorius (1966) : prominente Suid-Afrikaanse historikus
  • Johan Buys (1965) : Springbok atleet 1970
  • Pierre Edwards (1970) : Springbok rugbyspeler 1980, en tans die skoolhoof
  • Grant Esterhuizen (1994) : Springbok rugbyspeler 2000
  • Fourie du Preez (2000) : Springbok rugbyspeler 2004 tot 2006
  • Wynand Olivier (2001) : Springbok rugbyspeler 2006
  • Pierre Spies (2003) : Springbok rugbyspeler 2006
  • Jacques Rudolph (1999) : Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler 2003 tot 2006
  • AB de Villiers (2002) : Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler 2004 tot 2008
  • Jacques Freitag (2000) : Suid-Afrikaanse Olimpiese hoogspringatleet, goue medalje by die 2003 IAAF wêreldkampioenskappe
  • Johan Kriek (1976) : Suid-Afrikaanse tennisspeler, twee keen wenner van die Australiese Ope enkels kampioenskappe
  • Danie Visser (1979) : Suid-Afrikaanse tennisspeler, drie keer wenner van die Grand Slam dubbels
  • Faf du Plessis: Titans krieketspeler
  • Kruger van Wyk: Titans en Suid-Afrika A krieketspeler
  • Heino Kuhn: Titans krieketspeler
  • Johan Roets: Suid-Afrika A en Bulle Super 14 rugbyspeler
  • Sarel Potgieter: WP rugbyspeler
  • Derick Kuün: Blou Bulle rugbyspeler
  • Skipper Badehorst: Natal Sharks rugbyspeler
  • Edward Coetzee: Natal Sharks rugbyspeler
  • Nicolaas Alberts: Springbok Sewes rugbyspeler en Cambridge University Triple Blue (Rugby, Krieket en Atletiek)
  • Cillié Malan : Predikant in die NG Kerk

Eksterne skakels[wysig]