Afro-Asiatiese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Afro-Asiaties)
Spring na: navigasie, soek
Afro-Asiaties
Geografiese
verspreiding:
Afrika
Genetiese
klassifikasie
:

 Afro-Asiaties
Onderafdelings:
Verspreiding van die Afro-Asiatiese tale in Africa

Die mees belangrike moderne taal in die Afro-Asiatiese taalfamilie is Arabies, wat gepraat word van die Atlantiese kus van Afrika tot by die grense van Persië en geïsoleerd op vele andere plekke.

Die belangrikste onderdele van dié familie is die:

  1. Tjadtale (waaronder Biu-Mandara en Hausa)
  2. Semitiese tale (waaronder Arabies, Hebreeus, Tigrigna, Amharies en Maltees)
  3. die taal van Ou Egipte
  4. Berbertale (waaronder Kabilies)
  5. Omotiese tale (waaronder die Etiopiese taal Dizi)
  6. Koesjitiese tale (waaronder Oromo).

Die tale in dié familie kom eintlik baie eerder in Afrika voor as in Asië. Trouens, al die ondergroepe het hul konsentrasie in Afrika - selfs die Semitiese, waarvan slegs twee tale (Arabies en Hebreeus) 'n beduidende verspreiding op die Asiatiese vasteland het.