Agang

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Agang Suid-Afrika
Agang SA
Logo van die betrokke party.

Leier Mamphela Ramphele
Gestig 18 Februarie 2013
Hoofkwartier Braamfontein
Ideologie Anti-korrupsie politiek, Progressivisme
Amptelike kleure Groen
Webblad http://www.agangsa.org.za

Agang Suid-Afrika is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat op 18 Februarie 2013 gestig is deur Mamphela Ramphele.[1] Die party moedig die hervorming van direkte regering aan en streef daarna “om ’n sterker demokrasie te bou waarin burgers die kern van openbare lewe sal wees”[2] en beoog om die regerende African National Congress in die 2014 algemene verkiesing aan te vat.[3] Die naam “Agang” is ’n Suid-Sotho-woord wat beteken “om te bou”.[4] Die party se naam kan as ‘akhani’ vertaal word in die Nguni-taalfamilie (Zoeloe, Swazi, Suid-Ndebele en Xhosa).

Op 28 Januarie 2014 is aangekondig dat Ramphele as die Demokratiese Alliansie se presidentskandidaat in die 2014 algemene verkiesing sou optree.[5][6] Hierdie rampspoedige poging tot ’n oorname van die DA is vyf dae later, op 2 Februarie beëindig toe Ramphele gesê het sy is nie meer vir die DA beskikbaar nie.[7]

Ideologie en Stigting[wysig]

Die party is op vyf beginsels gebou: bemagtig mense om te regeer, bou effektiewe openbare dienste, bou ’n hergestruktureerde ekonomie, bou ’n moderne opvoeding- en opleidingstelsel en die heropbou van Suid-Afrika se posisie in Afrika en Internasionaal.[8] Agang is amptelik op 22 Junie 2013 in Pretoria as politieke party gestig.[9][10]

Leierskap[wysig]

  • Nkosinathi Solomon – Veldtog
  • Mills Soko – Beleid
  • Moeketsi Mosola – Politieke Direkteur
  • Zohra Dawood – Fondsinsameling- en Skedulering
  • Thabo Leshilo – Kommunikasie
  • Tim Knapp – Stafhoof
  • Rori Tshabalala – Adjunk Velddirekteur

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Agang Suid-Afrika: Video: Mamphele Ramphele Kondig die stigting van Agang aan, 18 Februarie 2013”.
  2. (en) Agang Suid-Afrika”.
  3. (en) Polgreen, Lydia (18 Februarie 2013). “Anti-apartheidsleier stig nuwe party in Suid-Afrika”. (html) New York Times. URL besoek op 12 November 2013.
  4. (en) The Economist (23 Februarie 2013). “Sluit aan by Agang: ’n Veretaan van die stryd teen apartheid begin politieke party”. economist.com.
  5. (en) Ramphele, Mamphela (28 Januarie 2014). “Opportunity for change”. Agang SA. URL besoek op 28 Januarie 2014.
  6. (en) Ramphele announced as DA presidential candidate”. Mail & Guardian: 28 Januarie 2014. URL besoek op 28 Januarie 2014.
  7. (en) Ramphele-ooreenkoms ongedaan”. (html) News24: 2 Februarie 2014. URL besoek op 2 Februarie 2014.
  8. (en) Agang se Doelwitte”. agangsa.org.za: 21 Junie 2013.
  9. (en) The Citizen (21 Junie 2013). “Agang SA gaan politieke party stig”. thecitizen.co.za.
  10. (en) BBC. “Nuwe Suid-Afrikaanse party Agang gaan ANC aanveg”. bbc.co.uk.

Eksterne skakels[wysig]