Agulhas-stroom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gemiddelde oppervlak temperatuur van die Agulhasstroom in 2009. Let op die uitloper by Kaap Agulhas, waar die stroom van die Suid-Afrikaanse kus wegbuig.

Die Agulhas-stroom vloei aan die ooskus van Suid-Afrika verby in 'n suid-westelike rigting. Die stroom het sy oorsprong op die ewenaar, vloei suidwaarts tussen Afrika en Madagaskar deur na die Agulhasbank toe en staan aanvanklik bekend as die Mosambiekstroom. Die seestroom is warm (23 - 26°C) en vloei teen 'n spoed van 5 knope per uur. Die stroom is 100km breed en 3,000m diep en lewer water teen ‘n tempo van 65 miljoen m3 water per sekonde aan die Agulhasbank. Wanneer die stroom verby die Agulhasbank is swaai dit eers suidwaarts en later ooswaarts terug na die suidwes Indiese Oseaan en staan dan bekend as die Agulhas terugkeer-stroom.

Bronne[wysig]

  • Quest:Science for South Africa Vol. 8, number 2. 2012 ISSN 1729-830X
  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7