Airbus A318

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Airbus A318

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Airbus A318 FGUGC.jpg
Tipe Smalromp passasierstraler
Vervaardiger Airbus
Ontwerp deur Airbus
Nooiensvlug 15 Januarie 2002
Bekendstelling 2003 met Frontier Airlines
Status In gebruik
Primêre gebruikers Air France
Avianca
Avianca Brazil
Aantal gebou 79 tot in Desember 2013
Eenheidskoste VS$70.1 miljoen[1]
Ontwikkel van Airbus A320 familie

Die Airbus A318 is die kleinste lid van die Airbus A320 familie van kort- tot mediumreikafstand, nouromp kommersiële passasierstralervliegtuie vervaardig deur Airbus. Die A318 kan tot 132 passasiers dra en het 'n maksimum reikafstand van 5 700  km (3 100 seemyl). Finale montering van die vliegtuig vind in Toulouse, Frankryk plaas.

Die vliegtuig deel 'n algemene-tipe gradering met al die ander Airbus A320-variasies, sodat huidige A320 familie vlieëniers die vliegtuig kan vlieg sonder enige verdere opleiding. Dit is die grootste kommersiële vliegtuig wat deur die Europese Lugvaart-veiligheidsagentskap gesertifiseer is vir 'n unieke steil-benaderingsvermoë, sodat die vliegtuig veral by lughawens soos Londen-Stad nuttig is.

Die A318 begin sy diens in Julie 2003 by Frontier Airlines. In vergelyking met ander Airbus A320-variasies, het dit net in klein hoeveelhede verkoop. Teen 30 November 2012 is slegs bestellings vir 'n totaal van 81 vliegtuie geplaas en na een kansellasie en een finale aflewering in 2013 is die bestelboek nou skoon, met 79 vliegtuie afgelewer. [2]

'n British Airways A318 by die klein London City Airport

Steil benaderingsvermoë tydens kort landings[wysig]

In Maart 2006 het die Europese Lugvaartveiligheidsagentskap 'n aangepaste beheersagteware-verbetering van die Airbus A318 gesertifiseer wat ontwerp is om steil benaderings tydens landings uit te voer. [3] Die sagteware verander die gedrag van die vliegtuig wanneer die steil-benaderingfunksie gekies word deur die bemanning, deur die outomatiese ontplooiing van drukvlerkpanele om bykomende sleur te voorsien wanneer die vliegtuig die landing uitvoer. Daar is ook addisionele hoorbare waarskuwings aan die bemanning en dit ontplooi drukvinne outomaties onder 37 m (120 voet) tydens landing. Met die A318-steil-benaderingsproses kan die vliegtuig 'n benaderingshoek van tot 5,5° bemeester, in vergelyking met die standaard 3° vir 'n normale benadering. [4]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Airbus A318 (kategorie)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.