Akkadies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Akkadies
Gepraat in: Mesopotamië, Sirië 
Gebied: Midde-Ooste
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Semities
  Oos-Semities
   Akkadies 
Skrifstelsel: Wigskrif
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: akk
ISO 639-3: akk
Akkadies word in wigskrif geskryf.

Akkadies (lišānum akkadītum, ak.kADû, soms ook Babilonies) is ‘n uitgestorwe Semitiese (deel van die groter Afro-Asiatiese taalfamilie) wat in antieke Mesopotamië gespreek is. Die oudste geïdentifiseerde Semitiese taal, dit het die wigskrif skryfstelsel gebruik wat oorspronklik in die Soemeriese taal gebruik is. In die tweede millennium is twee dialekte gespreek, wat as Assiries en Babilonies bekend staan.

Akkadies het al eeue lank as lingua franca in Mesopotamië gediens. Alhoewel die taal het in die 8de eeu v.C. begin daal en is geleidelik deur Aramees vervang. Die laaste Akkadiese geskrifte dateer tot die eerste eeu n.C. Veel Akkadiese woorde oorleef in moderne Aramese dialekte wat deur Assiriërs in Irak gespreek word en Akkadies is ook die taal waarin die Gilgamesh-epos geskryf is.

Eksterne skakels[wysig]