Aktueerder

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Deels swenkbare aktuator op 'n vlinderklep

'n Aktueerder is 'n toestel wat invloed op sy omgewing kan uitoefen.

Kunsmatige intelligensie[wysig]

'n Aktueerder in kunsmatige intelligensie is die meganisme waardeur 'n agent op 'n omgewing inwerk. Die agent kan òf 'n kunsmatig-intelligente agent wees of enige ander outonome wese (mens, dier, ensomeer)

'n Meganisme wat iets in 'n outonome aksie omskep, word 'n aktueerder genoem.

Voorbeelde van aktueerders van verkeie agente sluit in:

  • Aktueerder: mens – Agente: arms, hande, vingers, bene
  • Aktueerder: onderdeeluitsoekrobot – Agente: vatmeganisme, bewegende onderdele. Voorbeelde sluit solenoïdes en stemspoelaktueerders in.

Ingenieurswese[wysig]

In ingenieurswese is aktueerders 'n onderafdeling van omsetters. 'n Omsetter is apparaat wat 'n intreesein (hoofsaaklik 'n elektriese sein) na beweging omskakel. Elektriese motors, pneumatiese aktueerders, hidroliese suiers, releës, kam-aandrywers, piëzo-elektriese aktueerders, termiese koppels, digitale mikrospieëlapparate en elektroaktiewe polimere is 'n paar voorbeelde van sulke aktueerders.

Motors word meestal gebruik wanneer sirkulêre beweging benodig word, maar kan ook vir lineêre toepassings gebruik word, deur omskakeling van sirkulêre na lineêre beweging te bewerkstellig met 'n bout- en skroefomsetter. Daarteenoor is sekere aktueerders intrinsiek lineêr, soos piëzo-elektriese aktueerders.

In virtuele instrumentasie is aktueerders en sensore die hardewarekomplemente van virtuele intrumente. Rekenaarprogramme van virtuele instrumente gebruik aktueerders om op objekte van die egte wêreld in te werk.

Vertaal vanuit [1]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Aktueerder (kategorie)