Al Hamra-toring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Al Hamra-toring in Koeweit Stad.

Die Al Hamra-toring is 'n 77-verdieping hoë wolkekrabber in Koeweit Stad, Koeweit. Met 'n hoogte van 412.6 meter is dit tans die hoogste gebou in Koeweit, en die 17de hoogste in die wêreld. Dit is ook die wêreld se hoogste beeldgevormde toring. Die gebou is in 2011 voltooi.