Aldi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aldi Nord/Aldi Süd
Tipe Aldi Nord: GmbH & Co. oHG
Aldi Süd: GmbH & Co. oHG
Streeksfiliale: GmbH & Co. KG (Duitsland), AG (Switserland)
Gestig 1913
Hoofkantoor Essen (Aldi Nord)
Mülheim an der Ruhr (Aldi Süd), Duitsland
Industrie Voedselhandel
Inkomste €9,95 miljard[1] (Aldi Nord)
€12,5 miljard[1] (Aldi Süd)
€52,8 miljard[1] (Aldi-Groep totaal, wêreldwyd)
Netto inkomste €295 miljoen[1] (Aldi Nord)
€460 miljoen[1] (Aldi Süd)
Webwerf aldi.com

Aldi ('n afkorting van Albrecht-Discount, "Albrecht-afslagwinkel") is 'n Duitse supermarkketting wat in 1946 in Mülheim an der Ruhr in die deelstaat Noordryn-Wesfale deur die broers Karl (1920-2014) en Theo Albrecht (1922-2010) gestig is. Die onderneming is later opgesplits in Aldi Nord (bestuur deur Theo) en Aldi Süd (bestuur deur Karl). Buitelandse dogtermaatskappye het in Europa en oorsee (Verenigde State en Australië) ontstaan.

'n Aldi Nord-winkel in Dortmund, Duitsland

Aldi het sy groot sukses in die kleinhandelsbedryf aan sy innoverende konsep te danke - met 'n beperkte verskeidenheid wat hoofsaaklik uit generiese produkte van hoë gehalte bestaan en wat gewoonlik sowat die helfte minder kos as vergelykbare handelsmerke, eenvoudig toegeruste winkels, 'n voortdurend geoptimeerde logistiek en 'n weeklikse aanbod van nie-voedselprodukte soos tekstiele, elektroniese verbruikersware en ander teen lae pryse.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 (de) Aldi-Bilanz 2010: Gewinnsprung im Norden, mediatribune.de, 26. Junie 2012.