Alfaverval

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Broom icon.svg Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

Alfaverval is 'n vorm van radio-aktiewe verval waarin die onstabiele kern 'n alfadeeltjie uitstraal. 'n Alfadeeltjie is basies 'n heliumkern - 4He (dus, He sonder sy twee elektrone).

Byvoorbeeld, uraan-238 wat verval deur die vrystelling van 'n α-partikel om torium-234 te vorm kan soos volg uitgedruk word:

\mathrm{~^{238}_{92}U}\rightarrow\mathrm{~^{234}_{90}Th} + {\alpha }

Omdat 'n alfapartikel dieselfde is as die nukleus van 'n helium-4 atoom kan dit ook soos volg uitgedruk word:

\mathrm{~^{238}_{92}U}\rightarrow\mathrm{~^{234}_{90}Th} + \mathrm{~^{4}_{2}He} - 2e^-

(Helium se kern bestaan uit twee protone en twee neutrone. Dus die atoomgetal gelyk aan 2 en die aantal nukleone gelyk aan 4. Dit word geskryf as 42He, soos hierbo gewys.)

Die uitstraling van alfa-deeltjies sal die betrokke atoomkern se massagetal met 4 en sy atoomgetal met 2 laat afneem. Die dogterelement wat so gevorm word, sal dus 2 posisies na links van die moederelement op die periodieke tabel lê. Kernreaksies word met betrekking van kernvergelykkings voorgestel. In so reaksie word die aantal elektriese ladings en kernladings behou word. Atoomgetalle en massagetalle moet dus balanseer

Kyk ook[wysig]