Alfred Bithini Xuma

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alfred Xuma Bitini
Gebore 8 Maart 1893
Transkei
Oorlede 27 Januarie 1962
Nasionaliteit Suid-Afrika
Titel President van die ANC
Beroep Politikus
Termyn in amp 1940–1949
Voorganger Zacharias Richard Mahabane
Opvolger James Moroka
Politieke party ANC

Alfred Xuma Bitini, algemeen bekend volgens sy voorletters as AB Xuma, (8 Maart 1893, Transkei - 27 Januarie 1962) was 'n Suid-Afrikaanse leier, aktivis en van 1940 tot 1949 president-generaal van die African National Congress (ANC). Hy was 'n lid van die African American gestigte Alpha Phi Alpha-broederskap.[1]

Lewe[wysig]

Hoewel hy op die linkervleuel van die ANC was, is Xuma tydens sy leierskap as te konserwatief beskou deur 'n toenemend ongeduldige en aktivistiese jeug, wat hy op sy beurt met agterdog bejeën het. Sy briewe aan kollegas is blykbaar vol vyandige verwysings na kommuniste. As sodanig is hy wyd as uit voeling met die behoeftes en eise op voetsoolvlak beskou.[2][3]

Verwysings[wysig]