Alice, Oos-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alice
Die Universiteit van Fort Hare se geboue troon uit bo die dorpie Alice.
Die Universiteit van Fort Hare se geboue troon uit bo die dorpie Alice.
Ligging van Alice op 'n kaart (Oos-Kaap)
Alice
Alice
 Alice se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°47′S 26°50′O Koördinate: 32°47′S 26°50′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Amathole
Munisipaliteit Nkonkobe
Stigting 1824
Oppervlak[1]
 - Dorp 9,85 km²  (3,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 15 143
 - Digtheid 1 537/km² (3 980,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 93.0%
 • Kleurling 5.6%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 0.6%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 84.0%
 • Afrikaans 7.3%
 • Engels 3.5%
 • Ander 5.2%
Poskode (straat) 5700
Poskode (posbus) 5700
Skakelkode(s) 040
Een van tallose bouvallige geboue op Alice, eens 'n hotel.
Die Baptistekerk op Alice, nog een van baie verwaarloosde geboue.
Die NG gemeente Alice is in die tweede helfte van die jare 80 by die NG gemeente Fort Beaufort ingelyf en sy kerkgebou aan die genade oorgelaat.

Alice is 'n dorp in die Oos-Kaap, 120 km wes van Oos-Londen, waar die Universiteit van Fort Hare geleë is.

Geskiedenis[wysig]

Die Glasgow Sendinggenootskap het 'n sendingstasie in 1824 op die westelike oewer van die Tyhumerivier gestig. Hulle het die dorp eers Lovedale genoem - na John Lovedale van die genootskap. Die dorp is later na prinses Alice, dogter van die Britse koningin Victoria, vernoem.

Die sendingstasie is na die Sesde Grensoorlog prysgegee en die eerste skool is eers in 1841 ná die heropening gebou. Die geboue is egter tydens die Sewende Grensoorlog opgekommandeer en in 'n fort omskep. Ná die vrede van 1847 is 'n behoorlike fort op die oostelike oewer van die rivier gebou.

Distrik[wysig]

Daar word wol, sybokhaar, beesvleis, melk, sitrusvrugte, tabak en hout gelewer in die distrik. Die Universiteit van Fort Hare is opgerig waar die militêre fort in die 19de eeu op die oewer van die Tyhumerivier gebou is.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Alice”. Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig]