Alte Feste

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alte Feste Windhoek (Aussenansicht).jpg

Die Alte Feste (die naam beteken ou vesting in Duits) is 'n gebou in Namibië se hoofstad Windhoek. Die Alte Feste is op 18 Oktober 1890 deur die Schutztruppe onder Hauptmann Curt von François as militêre vesting opgerig om die vrede tussen die strydende Namas en Hereros te bewaar. Daarmee is ook die stad Windhoek gestig. Vandag is dit die nasionale museum van Namibië.