Alvin Toffler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alvin Toffler lewer die openingsrede by die Nasionale Konferensie vir Kreatiewe Ekonomie in Oktober 2007

Alvin Toffler (gebore 3 Oktober 1928) is 'n Amerikaanse skrywer en futuris, bekend vir sy werke oor die digitale revolusie, die kommunikasie revolusie en die tegnologiese enkelvoudigheid. Hy is 'n voormalige redakteur van Fortune tydskrif en sy vroeë werk het gefokus op tegnologie en die gevolge daarvan soos inligtingoorlading. Daarna het het hy ondersoek ingestel oor die reaksie op veranderinge in die samelewing en die gevolge van die post-industriële samelewing op konflik en oorlog. Hy is getroud met Heidi Toffler, ook 'n skrywer en futuris.

Sy idees[wysig]

In sy boek The Third Wave beskryf Toffler drie tipes samelewings, gebaseer op die konsep van 'golwe' waarvolgens elke golf die ouer samelewing en sy kultuur op sy skuif.

  • Die Eerste Golf is die agrariëse georienteerde samelewing wat die eerste jagter-insamelaarfase van die mens se ontwikkeling vervang het. In hierdie samelewing is die landbou die dominante aktiwiteit.
  • Die hoof kenmerke van die Tweede Golf is die kerngesin, nywerheids tipe onderwys stelsel en korporasies. Toffler skryf: "Die Tweede Golf Samelewing is industrieël en gebaseer op massaproduksie, massaverspreiding, massaverbruik, massa-onderwys, massamedia, massa-ontspanning, massavermaak, en wapens van massavernietiging. Voeg hierdie dinge saam met standardisering, sentralisering, konsentrasie sowel as sinchronisasie en 'n mens eindig met 'n manier van organisering en burokrasie."
  • Die Derde Golf is die post-industriële samelewing. Sedert die laat 1950's is die meeste lande besig om weg te beweeg van die Tweede Golf Samelewing na 'n Derde Golf Samelewing. Die Derde Golf Samelewing word deur ander ook as die informasietydvak genoem.

In hierdie post-industriële samelewing, is daar groot diversiteit van lewenstyle ("subkulture"). Adhocrasië (vloeibare organisasies soos byvoorbeeld die Wikipedia gemeenskap) reageer gou op veranderinge. Informasie word toenemend die plaasvervanger van materieële hulpbronne en word die hoofbron van werk (kenniswerkers). Massa op maat gemaak vermoeëns verhoog die moontlikheid vir goedkoop, verpersoonlike produksie wat gefokus is op klein nismarkte (sien net-in-tyd produksie). Die gaping tussen vervaardiger en gebruiker word oorbrug met tegnologie. "Produbruikers" (Engels: Prosumers) vervul hul eie behoeftes (sien oopbron, monteerstel en vryskutwerk).

Toffler verduidelik egter ook, "Die samelewing benodig mense wat omsien na die bejaardes en dié wat weet om melewend en eerlik te wees. Die samelewing benodig mense wat in hospitale werk. Die samelewing benodig alle tipe vaardighede wat nie net kognitief is nie, maar ook emosioneel en liederyk. 'n Mens kan nie 'n samelewing net op data en rekenaars bestuur nie."

Sedert die 1960's, het mense gepoog om sin te maak van die gevolge van nuwe tegnologie en sosiale veranderinge. Toffler se skryfwerk was invloedryk selfs buite die grense van die wetenskap, ekonomie en openbare beleidsbesprekings. Tegno musiek-pionier Juan Atkins stel dit dat Toffler se konsep "tegno rebelle" in Future Shock hom geïnspireer het om die woord "tegno" (Engels: techno) te gebruik om hierdie musiekstyl te benoem.

Toffler se werke en idees word uit verskeie oorde gekritiseer, gewoonlik met dieselfde argumente gebruik teen futurologie, naamlik dat dit onmoontlik is om die toekoms enigsins betroubaar te voorspel.

Sy boeke[wysig]

'n Paar van sy bekende werke is:

The Shockwave Rider is 'n wetenskapfiksie verhaal geïnspireer deur sy Future Shock.