Amsterdam, Mpumalanga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amsterdam
Ligging van Amsterdam op 'n kaart (Mpumalanga)
Amsterdam
Amsterdam
Koördinate: 26°37′S 30°39′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Gert Sibande
Plaaslike Munisipaliteit Mkhondo
Stigting 1866
Tydsone SAST (UTC+2)
Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Sien Amsterdam vir die artikel oor die Nederlandse hoofstad.

Amsterdam is 'n klein skaapboerdery-dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is sowat 16km van die grens met Swaziland. Die grenspos word Nerston genoem.

Geskiedenis[wysig]

Die gebied is in 1864 deur 'n Skot, Alexander McCorkindale, as 'n republiek opgestel en New Scotland genoem. Die hoofstad Roburnia wat in 1881 gestig is, is vernoem na die Skotse digter Robert Burns.

Omtrent 50 Skotse setlaars het hulle in die gebied gevestig wat aanleiding gee tot die Skotse plaasname soos Lochiel, Waverley en Bonny Brae. McCorkindale het aan koors omgekom terwyl hy besig was met die beplanning van 'n hawe vir Lourenço Marques in Mosambiek. Die enigste herinnering aan McCorkindale is die naam van die dorpsplein wat na hom vernoem is. In 1882 is Roburnia deur Paul Kruger hernoem na Amsterdam in Nederland.

Distrik[wysig]

Daar is ook groot bloekom-, denne- en wattelpantasies in die omgewing.

Sien ook[wysig]