Andrés Iniesta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Foto van Andrés Iniesta.

Andrés Iniesta Luján (Fuentealbilla, 11 Mei 1984) is 'n Spaanse sokkerspeler. Hy speel sedert 1996 as middelvelder by FC Barcelona en draf ook vir die Spaanse nasionale sokkerspan uit. Sy bynaam is El Blanquito (Die Bleekgesig), wat na sy bleek gelaat verwys, 'n familietrek van sy moeder se kant.

Op 11 Julie 2010 teken hy Spanje se enigste doel tydens die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 teen Nederland aan. Met die doel wen Spanje die toernooi, die eerste keer in die geskiedenis wat die eer hulle te beurt val.

Internasionale loopbaanstatistieke[wysig]

Vir die Spaanse nasionale sokkerspan:[1]

Jaar Kere uitgedraf Doelskoppe
2006 8 0
2007 12 5
2008 14 1
2009 5 0
2010
Totaal 39 6

Verwysings[wysig]