Andrei Loegowoi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Andrei Loegowoi
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Андре́й Константи́нович Лугово́й
Gebore 23 Januarie 1946
Moskou, Sowjetunie
Nasionaliteit Vlag van Rusland Rusland
Beroep politikus, sakeman, afgevaardigde in die Staatsdoema

Andrei Konstantinowitsj Loegowoi (Russies: Андре́й Константи́нович Лугово́й; geb. 19 September 1966, Bakoe, Azerbeidjan) is ’n Russiese politikus en sakeman, asook ’n afgevaardigde in die Staatsdoema van Rusland. Hy is ’n voormalige KGB-lyfwag en die oud-hoof van ’n sekuriteitsmaatskappy.

Hy word deur die Britse polisie gesoek onder verdenking van die gifmoord op Alexander Litvinenko. Rusland het die aansoek om hom uit te lewer geweier.[1]

KGB en sekuriteit[wysig]

Loegowoi het die militêre akademie van die Sowjetunie bygewoon[2][3] en in 1987 by die KGB aangesluit waar hy ’n lyfwag was vir ’n paar ministers en ander hoës. In 1996 het hy bedank en in die private sekureiteitsektor gewerk. Hy was jare lank hoof van sekuriteit by die private televisiemaatskappy ORT. In 2001 is hy in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy die ontsnapping gereël het van Nikolai Gloesjkof, ’n voormalige adjunk-direkteur-generaal van die vliegkorporasie Aeroflot wat in 2000 in hegtenis geneem is in verband met bedrog.

Vergiftiging van Alexander Litvinenko[wysig]

Loegowoi het Alexander Litvinenko ontmoet op die dag dat Litvinenko siek geword het (1 November 2006). Litvinenko is later dié maand dood van bestraling deur vermoedelik polonium, en op 22 Mei 2007 het Britse amptenare Loegowoi aangekla van Litvinenko se moord en aangekondig hulle sal sy uitlewering van Rusland vra. Rusland het geweier om Loegowoi uit te lewer en gesê die Russiese grondwet laat dit nie toe nie. Rusland het verder gesê hulle sal self die saak opneem as Brittanje getuienis teen Loegowoi kan verskaf, maar Brittanje het nagelaat om dit te doen.[4]

Daarna het Loegowoi baie gewild geword in Rusland. Hy het Britse intelligensie-agente daarvan beskuldig dat hulle agter die moord sit en beweer MI6 het hom probeer werf om op Rusland te spioeneer.[5]

Politieke loopbaan[wysig]

Nadat die belangstelling in Loegowoi toegeneem het weens die Litvinenko-moord, het Wladimir Zjirinofski, leier van die Liberaal-Demokratiese Party van Rusland (LDPR), op 15 September 2007 aangekondig Loegowoi sal net onder hom wees op die party se lys van kandidate vir 2007 se Staatsdoema-verkiesing. Dit het beteken dat Loegowoi in Desember 2007 ’n parlementslid kon word en dan aanspraak sou kon maak op parlementêre immuniteit.[6] Loegowoi het bevestig hy gaan aan die verkiesing deelneem[7] en gesê hy het sy oë op die amp van president.[8] Loegowoi is toe wel tot die parlement verkies.

Op 13 Maart 2009 het die LDPR aangekondig dat hulle Loegowoi wil benoem vir die burgemeestersverkiesing in Sotsji.[9] Op 24 Maart het Loegowoi egter aangekondig hy gaan nie staan nie en sal eerder ’n lid van die Staatsdoema bly.[10]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]