Anticosti

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Anticosti
Inheemse naam: l'Île d'Anticosti
Anticosti - foto geneem deur die satelliet Landsat
Anticosti - foto geneem deur die satelliet Landsat
Geografie
Ligging Sint-Laurensrivier
Koördinate 49°30′N 63°00′W
Argipel Anticosti
Oppervlak 7 892,15 vk km

 300 m

Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Flag of Quebec.svg Quebec
Hoofstad Port-Menier
Grootste stad Port-Menier (263)
Demografie
Bevolking 281

Anticosti (Frans: l'Île d'Anticosti) is 'n kaal, rotsagtige, woudbedekte gruis-en-sand eiland by die uitmonding van die Saint-Laurentrivier in die Saint-Laurentgolf, in die provinsie Quebec (Kanada).

Anticosti word in die noorde van die Côte-Nord-gewes van Québec (die Labrador-skiereiland) geskei deur die Jacques Cartier-seestraat en in die suide deur die Honguedo-seestraat van die Gaspé-skiereiland.

Met 'n lengte van 217 kilometer, 'n breedte wat wissel tussen 16 en 48 kilometer en 'n oppervlak van 7 892,52 km², is die eiland taamlik groot en oortref dit met sy oppervlakte van meer as 7 900 vierkante kilometer dié van die provinsie Prins-Edward-eiland. Die eiland is ook die 90ste grootste eiland in die wêrld en die 20ste grootste eiland in Kanada.

Anticosti is met 'n bevolking van 264 inwoners (1991) yl bevolk. Die grootste bevolking word in die dorpie Port-Menier op die westelike punt van die eiland aangetref en bestaan hoofsaaklik uit die opsigters van die verskeie vuurtorings wat deur die Kanadese regering daar opgerig is. Die kus is rotsagtig en gevaarlig en het slegs twee veilige hawes: Ellis-baai en Fox-baai. Die grootste meer op die eiland is die Wickenden-meer, wat die Jupiter-rivier voer.

Anticosti word in 1534 deur Jacques Cartier ontdek en later deur koning Lodewyk XIV van Frankryk aan Louis Joliet geskenk as beloning vir die ontdekking van die Mississippirivier. Die eiland bly tot 1763 in die besit van die Joliet-gesin; in daardie jaar annekseer die kolonie van Newfoundland en Labrador Anticosti. Kanada herwin die eiland in 1774.

Die houtbedryf floreer op die eiland tot in 1972, daarna word dit 'n belangrike jagbestemming. Vissers doen ook gereeld op die eiland aan.