Arabiese Demokratiese Republiek Sahara

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية (Arabies)
Al-Jumhūrīyya Al-`Arabīyya Aṣ-Ṣaḥrāwīyya Ad-Dīmuqrāṭīyya
República Árabe Saharaui Democrática (Spaans)
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara Wapen van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Vlag Wapen
Nasionale leuse: حرية ديمقراطية وحدة (Arabies)
Libertad, Democracia, Unidad (Spaans)
(Afrikaans: "Vryheid, Demokrasie, Eenheid")
Volkslied: Yā Banīy As-Saharā (Arabies)
¡O hijos del Sáhara! (Spaans)
(Afrikaans: "O seuns van die Sahara")
Ligging van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Hoofstad Laâyounea (geproklameer)
Bir Lehlou (administratief)
Grootste stad Laâyoune
Amptelike tale Arabies en Spaans[1]
Regering Enkele party
semi-presidensiële
republiek[2]b
Mohamed Abdelaziz
Abdelkader Taleb Omar
Onafhanklikheid
Soewereiniteit omstrede
Wes-Sahara afgestaan
​​deur Spanje
• Republiek verklaar
• Beheerde gebied



14 November 1975
27 Februarie 1976
20% tot 25%e
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
266 000c km2  (83ste)
102 703 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2010-skatting
 - Digtheid
 
100 000 of 502 585d (182ste)
1,9 / km2 (236ste)
4,9 / myl2
Geldeenheid Sahariese peseta (de jure)
Algeriese dinar (de facto) (-)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .ehf
Skakelkode +
a. Volgens grondwet van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara.
b. tot beplande onafhanklikheid.
c. Oppervlakte van die hele gebied van Wes-Sahara soos geëis deur SADR.
d. 500 000 is die geskatte bevolking volgens bevolkingsgroei in die gebied Wes-Sahara.
e. 80% van die gebied geëis onder Marokkaanse administrasie.
f. Geassosieer met Wes-Sahara, maar nog nie aan enige eiser toegestaan​​.[3]

Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (Arabies: الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية, Al-Jumhūrīyya Al-`Arabīyya Aṣ-Ṣaḥrāwīyya Ad-Dīmuqrāṭīyya, Spaans: República Árabe Saharaui Democrática) is 'n land wat voorheen as kolonie van Spanje bekend gestaan het as Spaans-Sahara, wat op 14 November 1975 van Spanje onafhanklik geword het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara. Die SADR is op 27 Februarie 1976 van die POLISARIO in die gebied Wes-Sahara verklaar.[4]

Kaart wat Wes-Sahara vertoon

In Julie 2004 het Wes-Sahara ongeveer 267 405 inwoners gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as meeste stede in Suid-Afrika.

Bevolking[wysig]

Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawi, letterlik inwoner van die Sahara of woestyninwoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko, wat formeel gesien koloniste is. Sahara (Arabiese uitspraak: Sachara) beteken woestyn in Arabies. Byna al die inwoners van Wes-Sahara is Moslems.

Politiek[wysig]

Politieke situasie in die Wes-Sahara
Internasionale erkenning van Wes-Sahara:
██ Diplomatieke betrekkinge op Boodskapper-vlak ██ Diplomatiese erkenning ██ Diplomatiese betrekkinge of erkenning gevries of opgeskort ██ Diplomatiese betrekkinge of erkenning gekanselleer of onttrek
Ligging van die Marokkaanse Muur in Wes-Sahara.

Alhoewel Marokko aanspraak maak op die land, erken meer as 70 lande, insluitend Suid-Afrika die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (SADR) as soewereine owerheid van die land en is die republiek selfs lid van die Organisasie van Afrika Eenheid en van die Afrika Unie. Marokko is nie lid van hierdie organisasies nie, omdat hulle Wes-Sahara nie erken as onafhanklike land nie. Die setel van die SADR is tans in Algerië. Geen enkele staat ter wêreld erken die anneksasie van Wes-Sahara deur Marokko na die land se onafhanklikheid van Spanje, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as onafhanklike staat nie.[5]

Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suid-ooste), die res word deur Marokko bestuur. Die grens tussen die twee lande is die Marokkaanse Muur.

Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en veg vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing.

Die beplande hoofstad Laayoune lê in die Marokkaanse deel van die Wes-Sahara, sodat Bir Lehlu die voorlopige hoofstad en Tindouf in Algerië die regeringsetel is.

Die Verenigde Nasies beplan 'n referendum oor die toekoms, egter Marokko outonomie stel.

Verwysings[wysig]


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika