Aramese alfabet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aramese alfabet
Tweetalige Aramese en Griekse inskripsie, 3de eeu v.C.
Tweetalige Aramese en Griekse inskripsie, 3de eeu v.C.
Soort skryfstelsel Abjad
Taal Aramees, Hebreeus, Siries, Mandees
Tydperk 800 v.C. – 600 n.C.
Voorloper Proto-Sinaïtiese en Fenisiese alfabet
Rigting Regs-links
ISO 15924 Armi, 124
Unicode Imperial Aramaic, U+10840–U+1085F
Nota Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole bevat

Die Aramese alfabet is ’n aanpassing van die Fenisiese alfabet en het teen die 8ste eeu v.C. as ’n aparte alfabet ontwikkel. Die letters stel almal konsonante voor en dit is dus nie ’n volwaardige alfabet nie, maar ’n abjad.

Die Aramese alfabet is histories belangrik omdat feitlik alle moderne Midde-Oosterse skryfstelsels asook baie stelsels van Sentraal- en Oos-Asië terugherlei kan word daarheen. Dit is hoofsaaklik omdat die taal Aramees wydverspreid voorgekom het en ook die amptelike taal was van die Nieu-Assiriese Ryk en sy voorloper, die Achaemenidiese Ryk. Tussen die skrifte wat vandag gebruik word, is die Hebreeuse alfabet die naaste aan die Keiserlike Aramese skryfstelsel van die 5de eeu v.C.

Geskiedenis[wysig]

Vir die vroegste inskripsies in Aramees is die Fenisiese alfabet gebruik. Mettertyd het die alfabet verander in die vorm wat hier onder gewys word. Aramees het geleidelik die gebruikerstaal regdeur die Midde-Ooste geword – die skrif het aanvanklik die Assiriese wigskrif aangevul en later vervang as die belangrikste skryfstelsel.

Omstreeks 500 v.C., ná die verowering van die Achaemenides onder Darius I van Persië is Oud-Aramees deur die veroweraars aanvaar as die vorm van geskrewe kommunikasie tussen die verskillende streke van die uitgebreide ryk met sy talle volke en tale. Die gebruik van ’n enkele amptelike taal, wat moderne geleerdes Keiserlike Aramees noem, het waarskynlik grootliks bygedra tot die verstommende sukses van die Achaemenides om hul groot ryk vir so lank te laat voortduur.[1]

Eeue ná die val van die Achaemenidiese Ryk in 331 v.C. het die taal nog ’n groot invloed op verskeie Iranse tale gehad. Die skrif het nog voortgeduur as die basiese eienskappe van die Pahlewi-skrif.[2]

Later is die alfabet gebruik om die Hebreeuse alfabet te skep. Voor dié tyd is Hebreeus geskryf in ’n skrif wat nader aan die Fenisiese alfabet was. Ook die alfabette van die Levant, Persië, Sentraal-Asië en Indië word beskou as uitlopers van die Aramese alfabet.

Aramees is ook die taal waarin groot dele van die Bybelse boeke Daniël en Esra geskryf is, en die hooftaal van die Joodse Talmoed. Dit was daarnaas die moedertaal van Jesus.

Keiserlike Aramese alfabet[wysig]

    Skryfstelsels    

      Abjad
      Abugida
      Alfabet
      Lettergreepskrif
      Logografies
      Kenmerk-alfabet
      Snelskrif
      Alternatief

Oorgeteken uit A Grammar of Biblical Aramaic, Franz Rosenthal; vorms is soos dié in die 5de eeu v.C. in Egipte.

Naam Vorm Ekwivalente letter in ... Klankwaarde
Hebreeus Arabies Siries Brahmi Nabatees Pahlavi Kharosthi Mandees
Ālaph Aleph.svg א أ ܐ Brahmi a.svg 01 aleph.svg Kharosthi a.svg /ʔ/; /aː/, /eː/
Bēth Beth.svg ב ب‎ ܒ Brahmi b.svg 02 bet.svg Kharosthi b.svg /b/, /v/
Gāmal Gimel.svg ג ج ܓ Brahmi g.svg 03 gimel.svg Kharosthi g.svg /ɡ/, /ɣ/
Dālath Daleth.svg ד د‎ ܕ Brahmi dh.svg 04 dal.svg Kharosthi dh.svg /d/, /ð/
He0.svg ה ﻫ‎ ܗ ? 05 ha.svg ? /h/
Waw Waw.svg ו و‎ ܘ Brahmi v.svg 06 waw.svg Kharosthi v.svg /w/; /oː/, /uː/
Zain Zayin.svg ז ز‎ ܙ ? 07 zayn.svg ? /z/
Ḥēth Heth.svg ח خ,ح ܚ ? 08 ha.svg ? /ħ/
Ṭēth Teth.svg ט ط ܛ Brahmi th.svg 09 taa.svg Kharosthi th.svg /tˤ/ met klem
Yudh Yod.svg י ي ܝ Brahmi y.svg 10 yaa.svg Kharosthi y.svg /j/; /iː/, /eː/
Kāph Kaph.svg כ ך ك ܟܟ Brahmi k.svg 11 kaf.svg Kharosthi k.svg /k/, /x/
Lāmadh Lamed.svg ל ل ܠ Brahmi l.svg 12 lam.svg Kharosthi l.svg /l/
Mim Mem.svg מ ם م‎ ܡܡ Brahmi m.svg 13 meem.svg Kharosthi m.svg /m/
Nun Nun.svg נ ן ن ܢܢ ܢ Brahmi n.svg 14 noon.svg Kharosthi n.svg /n/
Semkath Samekh.svg ס س ܣ Brahmi sh.svg 15 sin.svg Kharosthi sh.svg /s/
‘Ē Ayin.svg ע غ,ع ܥ ? 16 ein.svg ? /ʕ/
Pe0.svg פ ף ف ܦ Brahmi p.svg 17 fa.svg Kharosthi p.svg /p/, /f/
Ṣādhē Sade 1.svg, Sade 2.svg צ ץ ص‎ ܨ Brahmi s.svg 18 sad.svg Kharosthi s.svg /sˤ/ met klem
Qoph Qoph.svg ק ق‎ ܩ Brahmi kh.svg 19 qaf.svg Kharosthi kh.svg /q/
Rēsh Resh.svg ר ر ܪ Brahmi r.svg 20 ra.svg Kharosthi r.svg /r/
Shin Shin.svg ש ش,س ܫ Brahmi ss.svg 21 shin.svg Kharosthi ss.svg /ʃ/
Tau Taw.svg ת ت‎,ث ܬ Brahmi t.svg 22 ta.svg Kharosthi t.svg /t/, /θ/

Unicode[wysig]

Die Aramese alfabet is by die Unicode-standaard gevoeg in Oktober 2009, met die uitreiking van weergawe 5.2. Die Unicode-blok vir Keiserlike Aramees is U+10840–U+1085F.

Sien ook[wysig]

Geskiedenis van die alfabet

Verwysings[wysig]

  1. Shaked, Saul (1987). "Aramaic". Encyclopedia Iranica 2. New York: Routledge & Kegan Paul. 250–261. 
  2. (2002) “Grundriss der iranischen Philologie: Band I. Abteilung 1”: 249ff.
  • Byrne, Ryan. “Middle Aramaic Scripts.” Encyclopaedia of Language and Linguistics. Elsevier. (2006)
  • Daniels, Peter T., et al. reds. The World's Writing Systems. Oxford. (1996)
  • Coulmas, Florian. The Writing Systems of the World. Blackwell Publishers Ltd, Oxford. (1989)

Eksterne skakels[wysig]