Ards-skiereiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ards Peninsula.png

Ards-skiereiland

Leithinis na hArda
Tha Airds



Ligging

Noord-Ierland


Graafskap

Down


Staat
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk

Die Ards-skiereiland (afgelei van Iers: nAird Uladh, "skiereiland van die Ulstermanne") is 'n skiereiland in die graafskap Down, Noord-Ierland wat die Strangford Lough van die Noorderkanaal (Engels: North Channel) skei.

'n Aantal nedersettings is op die skiereiland geleë, waaronder kusdorpe soos Donaghadee en Kearney. Newtownards in die noorde van die skiereiland is die grootste nedersetting in die gebied.

Geskiedenis[wysig]

Scrabo-toring aan die noordpunt van die skiereiland

Die skiereiland het vroeër as "The Ards" bekend gestaan (Iers: an Aird, Ulster-Skots: Tha Airds). Dit is in die 12de eeu deur die Noormanne verower, en die Normandiese Savage-gesin het 'n aantal kastele en priorye op die skiereiland laat bou.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het militêre vliegvelde op Ards ontstaan, soos RAF Ballyhalbert en sy satelliet-vliegveld RAF Kirkistown. Albei vliegvelde is intussen gesluit. Kirkistown word tans vir motor- en motorfietswedrenne gebruik.