Armoede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Jong seun in 'n krotbuurt langs 'n stortterrein in Jakarta, Indonesië, wys sy vonds.

Armoede is die status waarin 'n individu verkeer wanneer die persoon nie sy eie, sowel as die mense wat afhanklik is van hom of haar, se basiese behoeftes kan bevredig nie. gevolglik kan daar nie 'n voldoende lewenstandaard gehandhaaf word nie.

Oorsake[wysig]

Vir individue wat 'n ondergemiddelde vermoë het om geld te verdien, is die kans veel groter dat hulle arm sal wees. Hierdie groep mense sluit gewoonlik die ouer geslag en mense met gestremdhede in. Die gebrek aan onderwys dra grootendeels by tot die ontstaan van armoede. Lae ekonomiese ontwikkeling dra ook tot armoede by.

Armoede en ontwikkeling[wysig]

Armoede kan ook aanleiding gee tot dakloosheid, soos hierdie hawelose man in Parys (Frankryk).

Vroeg in die 21ste eeu leef die helfte van Afrika se bevolking suid van die Sahara in armoede. Van die 48 minste ontwikkelde lande in die wêreld kom 33 in Afrika voor, waaronder van Suid-Afrika se onmiddelikke bure soos Mosambiek, Lesotho en Angola.

Daar word bereken dat 'n halfmiljard mense daagliks honger ly en dat tussen 15 en 20 miljoen jaarliks weens hongersnood sterf. Die gevolg van armoede, veral onder die plattelandse bevolkings, is dat ál hoe meer mense na die stede trek plaas vind. Die afgelope 40 jaar het die stedelike bevolking van ontwikkelde lande verdubbel, terwyl dit in ontwikkelende lande vyfvuldig toegeneem het.

Sien ook[wysig]