Asab

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Asab
Algemene handelaar
Algemene handelaar
Ligging van Asab op 'n kaart (Namibië)
Asab
Asab
Koördinate: 25°49′0″S 18°0′0″O Koördinate: 25°49′0″S 18°0′0″O
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek ǀǀKaras
Kiesafdeling Berseba
Tydsone UTC+1 (UTC+1)

Asab is 'n nedersetting in die Karas-distrik in die suide van Namibië. Die plek se naam is 'n Nama woord wat "nuwe ding" beteken. Dit is op die B1-nasionale pad halfpad tussen Mariental en Keetmanshoop geleë. Sowat 23 km (14 myl) oos van Asab is die Mukurob-spits (Vinger van God) wat in 1988 ineengestort het.[1]

Asab ressorteer onder die Berseba-kiesafdeling. Die plek beskik oor 'n vulstasie, winkel en 'n klein hotel,[2] alhoewel nie een van hierdie besighede tans oop is nie. Vir die rede is die plek al as 'n spookdorp beskryf. [3] Die Asab-treinstasie is 'n stop op die TransNamib-lyn vanaf Windhoek na Keetmanshoop.

Ongeveer 3 km buite Asab is die Groendoring-gemeenskap wat na die Groendoringboom vernoem is. Die gemeenskap beskik oor 'n privaat kerk en 'n kleuterskool wat tans gesluit is.[4]

Verwysings[wysig]

  1. McIntyre, Chris. Namibia: the Bradt travel guide, 3, Bradt Travel Guides, 191. ISBN 978-1-84162-187-6. 
  2. Shigwedha, Absalom, "Storm damages Asab Hotel", 6 April 2004.
  3. "Asab: spookdorp bied nie eens brandstof", 22 November 2007.
  4. Tjituka, Martin, "Groendoring struggles to keep up with Eger legacy", The Namibian, 30 April 2013.