Ashton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ashton
Ligging van Ashton op 'n kaart (Wes-Kaap)
Ashton
Ashton
Koördinate: 33°50′5″S 20°3′17″O Koördinate: 33°50′5″S 20°3′17″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Langeberg
Vernoem na Job Ashton
Oppervlak
 - Dorp 23,5 km²  (9,1 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 13 325
 - Digtheid 570/km² (1 476,3/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6715
Skakelkode(s) 023

Ashton is geleë in die Klein Karoo aan die voet van die Langeberge tussen Robertson en Swellendam en is op een van die hoofroetes tussen Kaapstad en Mosselbaai. Die vrugbare vallei waarin die dorp geleë is, is veral geskik vir wyn- en vrugteverbouing. Bekende stoeterye vir renperde, beeste en skape is hier ontwikkel en in 1962 is die eerste plaaslike koöperatiewe wynkelder gebou.

Geskiedenis[wysig]

Ashton was vroeër bekend as Roodewal, maar is in 1887 vernoem na Job Ashton, 'n direkteur van die Cape Central Railways Limited, wat die spoorlyn tussen Worcester en Ashton gebou het. Die dorp het in 1956 munisipale status gekry nadat dit sedert 1947 'n plaaslike bestuur gehad het.

Die vroegste vermelding van die streek waarin Ashton geleë is, kom voor in ou amptelike dokumente uit die jare 1723 tot 1739. Aan veeboere is 'n lisensie uitgereik om hul vee hier te laat wei. 'n Uitspanning, genoem Roodewal, is onder die rooi walle van die Kogmansrivier vir die veeboere ingerig. Hier het boere en handelaars mekaar op vaste tye ontmoet om handelsware uit te ruil. Roodewal het later 'n bekende handelspos geword.

Infrastruktuur[wysig]

Die pad van Montagu na Roodewal deur Kogmanskloof het op agt plekke oor die rivier gekronkel. In 1869 is begin met die bou van 'n nuwe pad en tonnel. Dit is in 1877 voltooi en staan nou bekend as die Kogmanskloofpas. In Februarie dieselfde jaar is die nuwe pad vir verkeer oopgestel en aan die afdelingsraad van Robertson oorhandig. Die regering van die Kaapkolonie het in 1882 besluit dat 'n spoorlyn van Worcester oor Robertson na Roodewal gebou moes word vir die ontwikkeling van die suidwestelike distrikte. Dié spoorlyn is in 1887 geopen. Ongeveer dié tyd is die dorp se naam verander na Ashton. 'n Poskantoor is in 1887 op Ashton opgerig en 'n daaglikse posdiens per poskar is deur Kogmanskloof na Montagu ingestel.

Sien ook[wysig]