Athol Trollip

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Athol Trollip
Athol Trollip

Leier van die Opposisie in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
Ampstermyn
7 Mei 2009 – 27 Oktober 2011
Voorafgegaan deur Sandra Botha
Opgevolg deur Lindiwe Mazibuko

Lid van die Parlement
Ampsbekleër
Amp betree
6 Mei 2009
Ampsbekleër
Amp aanvaar
6 Mei 2009
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte 12 Maart 1964
Bedford, Oos-Kaap
Politieke party Demokratiese Alliansie

Athol Trollip is die leier van die Demokratiese Alliansie in die Oos-Kaapprovinsie.

Athol Trollip is in Bedford in die Oos-Kaap gebore en het daar skool gegaan. By Woodridge College het hy onderhoofseun geword en was hy kaptein van rugby, swem, waterpolo en branderplankry en lewensredding se eerste spanne. Hy is met Angela getroud en hulle het saam twee kinders, Roland en Kate.[1]

Trollip is in 1999 tot die Oos-Kaapse wetgewer verkies nadat hy van 1995 as munisipale raadslid in die Amathole-distriksmunisipaliteit gedien het. Hy het in 2002 provinsiale leier geword toe hy die voormalige Nasionale Party provinsiale leier, Tertius Delport, naelskraap verslaan het. Trollip, se oupa, ook Athol Trollip, was parlementslid vir die Verenigde Party vir Port Elizabeth-Sentraal in die 1950's[2] en sy vader, Douglas, was 'n afdelingsraadslid van die Smaldeel-afdelingsraad.[1]

Op 11 Januarie 2007 het hy by 'n perskonferensie aangekondig dat hy vir die Demokratiese Alliansie se leierverkiesing in Mei sou staan.[1] In Oktober 2011 het Lindiwe Mazibuko hom verslaan in die stryd om die DA se parlementêre leier te word[3][4].

Verwysings[wysig]