Atlasgebergte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Atlas-gebergte)
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die ligging van die Atlasgebergte aandui
Atlasgebergte met die dakke van Marrakesh in die voorgrond

Die Atlasgebergte is 'n bergreeks in die Atlasstreek in Noordwes-Afrika wat ongeveer 2 400 km deur Marokko, Algerië, en Tunisië strek en die Rots van Gibraltar insluit. Die hoogste piek is Jbel Toubkal, op 'n hoogte van 4 167 m (13 665 voet) geleë by 31°03′43″N, 7°54′58″W in Suidwes-Marokko. Die Atlasreekse skei die kuslyne van die Middellandse See en die Atlantiese Oseaan van die Saharawoestyn. Die bevolking van die Atlasgebergte bestaan hoofsaaklik uit Berbers in Marokko en Arabiere in Algerië.

Omdat Noord-Amerika, Europa en Afrika 'n ewigheid gelede aan mekaar vas was, word geglo dat die Atlasgebergte oorspronklik as deel van die Alleghenesiese orogenese gevorm is. Die berge is gevorm toe Afrika en Amerika teen mekaar gebots het, en was eens op 'n tyd 'n baie hoër bergreeks as vandag se Himalaja. Vandag kan die oorblyfsels van die bergketting in die Fall line in die oostelike VSA gesien word. Sommige oorblyfsels kan ook gevind word in die Appalache in Noord-Amerika wat later gevorm het. Die Sierra Nevada berge in Spanje is op soortgelyke manier in die kontinentale botsing gevorm.

Struktuur[wysig]

Die berge word in die volgende reekse verdeel:

  • Die Tellatlas (ook Klein-Atlas) met 'n maksimum hoogte van 2 308 meter reg langs die Algerynse Noordkus aan die Middellandse See
  • Die Rif (Ook Er Rif) met maksimum hoogte 2 456 meter aan die Marokkaanse Noordkus aan die Middellandse See
  • Die Sentraal-Atlas met maksimum hoogte 3 737 meter in die middel van Marokko
  • Die Groot-Atlas met maksimum hoogte 4 165 meter effens suid van die middel van Marokko
  • Die Sahara-atlas met maksimum hoogte 2008 meter in die noorde van Algerië maar suid van die Tellatlas
  • Die Antiatlas met maksimum hoogte 2 531 meter in suidwes Marokko
  • Die vulkaniese Djebel Sarhro (ook Jabal Sirwah) met maksimum hoogte 3304 meter in sentraal-suid Marokko

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


 
Atlasgebergte

Tellatlas | Rif | Sentraal-Atlas | Groot-Atlas | Sahara-atlas | Antiatlas | Djebel Sarhro | Plato van die Sjots