Audio Engineering Society

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die DTS-stalletjie tydens die 124ste AES-kongres wat in 2008 in Amsterdam, Nederland gehou is

Die Audio Engineering Society (AES) is 'n internasionale beroepsvereniging van lede uit die klankbedryf soos klankingenieurs, wetenskaplikes en ander professioneles wat by dié bedryf betrokke is of belang daarin stel. Die meeste lede is navorsings- en ontwikkelingsingenieurs uit die oudiobedryf of professioneles uit die musiekbedryf.

Die AES, wat in 1948 gestig is en sy hoofkwartier in New York het, het verenigings in 41 lande en geografiese streke dwarsoor die wêreld. Dit is die enigste internasionale vereniging wat hom uitsluitlik op klanktegnologie toespits. Die AES ontwikkel, bespreek, beoordeel en publiseer tegniese standaarde vir die klank- en verwante bedrywe, soos die digitale koppelvlak AES3 (ook bekend as AES/EBU).

Jaarliks word twee kongresse (AES Conventions) georganiseer wat om die beurt in gasheerstede in Europa (in die lente) en die Verenigde State (in die najaar) gehou word. Uitstallings maak deel uit van die kongresse. Konferensies oor spesifieke onderwerpe word onreëlmatig deur die AES of sy streeks- of nasionale verenigings gehou. Die AES publiseer daarnaas sedert 1953 'n wetenskaplike joernaal, die Journal of the Audio Engineering Society (JAES), met aanvanklik vier en sedert 1971 tien uitgawes per jaar.

Eksterne skakels[wysig]