Auferstanden aus Ruinen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Auferstanden aus Ruinen

Auferstanden aus Ruinen ("Opgestane uit ruïnes") is tot die Duitse hereniging in 1990 die volkslied van die Duitse Demokratiese Republiek. Die teks is geskryf deur Johannes R. Becher, terwyl Hanns Eisler die melodie gekomponeer het. Die teks van die volkslied is sedert die sewentigerjare nie meer gesing nie, aangesien dit die reël Deutschland einig Vaterland ("Duitsland, verenigde vaderland") bevat.