August Aimé Balkema

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

August Aimé (Guus) Balkema (Avereest, 6 Oktober 1906 - Rotterdam, 4 September 1966), kortweg A.A. Balkema, was 'n Nederlandse boekhandelaar en uitgewer in Amsterdam en Suid-Afrika. Hy speel 'n prominente rol in die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf en word vermeld in They shaped our century (1999), 'n lys van 100 mense wat die grootste invloed op Suid-Afrika in die 20ste eeu gehad het.