Austin Stevens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Austin Stevens
Geboortenaam Austin James Stevens
Gebore 19 Mei 1950
Pretoria, Unie van Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroep Herpetoloog, natuurfotograaf
Webblad austinstevens.net

Austin James Stevens (gebore 19 Mei 1950 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse herpetoloog (kenner van reptiele en amfibieë) en natuurfotograaf wat veral bekend is as aanbieder van dokumentêre reekse oor slange. Austin is ook die outeur van twee boeke.

Werke[wysig]

Enkele van Stevens se werke met vermeldings:

  • Dragons Of the Namib, 'n dokumentêre reeks oor die lewe van die Namaqua-verkleurmannetjie. Gelys as een van die Vervaardigers en Direkteure van Fotografie.
  • Africa's Deadliest Dozen, n dokumentêre reeks oor die giftige slange in Afrika. Gelys as Kinematograaf.
  • Die Natur der Schlange (Duits: Die Natuur van Slange), 1997, 'n Duitse dokumentêr oor slange, op ZDF uitgesaai.
  • Austin neem fotos van wildelewe vir Animals Animals/Earth Scenes [1].
  • Hy is 'n media-skenker op ARKive [2].

Boeke:

  • Snakes In My Bed (Penguin, 1992)
  • The Last Snake Man (Noir Publishing, 2007) ISBN 978-0953656462

DVD's:

  • Snake Bite - In Search Of The King Cobra (Go Entertain 2005)
  • Austin Stevens: Snakemaster (eerste drie episodes)

Eksterne skakels[wysig]