Australiese Ope (tennis)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Margaret-baan by die Australiese Ope.
Binnekant van die Rod Laver Arena voor 'n wedstryd.

Die Australiese Ope is 'n groot tenniskampioenskappe wat jaarliks in Januarie in Melbourne Park, Australië aangebied word. Dit is die eerste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tennis kalender.

Soos by alle Grand Slam-toernooie word mans- en damesenkels, mans- en damesdubbels, gemengde dubbels en juniorkampioenskappe gespeel. 'n Toernooi vir rolstoel-tennisspelers en vertoonwedstryde deur bekende spelers word ook aangebied.

Geskiedenis[wysig]

Oorspronklik is die kampioenskappe aan die begin van die kalenderjaar gehou. In 1977 word dit verskuif na einde Desember (rondom Kersfees) en is twee kampioenskappe die jaar in beide Januarie en Desember aangebied. Teen einde 1985 word besluit om na die oorspronklike reëling terug te val en dat die volgende kampioenskappe eers in 1987 gespeel sou word. As gevolg hiervan is geen kampioenskappe in 1986 gehou nie.

Voor 1983 het baie van die wêreld se beste spelers nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie. Die hoofrede hiervoor was dat dit te ver was om te reis en baie spelers het dit nie as 'n belangrike toernooi geag nie.

Hitte-beleid[wysig]

Die toernooi word in Januarie, tydens die warem Australiese somer gespeel. In 1998 word 'n uitermatige hitte-beleid ingevoer.[1] Dit is die enigste groot toernooi wat so 'n beleid het.[2] Sodra die temtratuur bokant 35 grade Celsius styg kan spel vir 'n rukkie gestop word om dehidrasie van deelnemers te voorkom. Wedstryde op buitebane word dan onderbreek. Die dak oor die hoofstadion kan toegemaak word en verkoelingstelsels kan aangeskakel word. [2] In 2007 het temperature op die bane tot bokant 50 grade Celsius gestyg.[1]

Finaliste[wysig]

Hieronder die mees onlangse finaliste in beide die mans- en damesenkelspel:

Mans[wysig]

Jaar Wenner Finalis
2014 Vlag van Switserland Stanislas Wawrinka Vlag van Spanje Rafael Nadal
2013 Vlag van Serwië Novak Đoković Vlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2012 Vlag van Serwië Novak Đoković Vlag van Spanje Rafael Nadal
2011 Vlag van Serwië Novak Đoković Vlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2010 Vlag van Switserland Roger Federer Vlag van Verenigde Koninkryk Andy Murray
2009 Vlag van Spanje Rafael Nadal Vlag van Switserland Roger Federer
2008 Vlag van Serwië Novak Đoković Vlag van Frankryk Jo-Wilfried Tsonga
2007 Vlag van Switserland Roger Federer Vlag van Chili Fernando González
2006 Vlag van Switserland Roger Federer Vlag van Siprus Marcos Baghdatis
2005 Vlag van Rusland Marat Safin Vlag van Australië Lleyton Hewitt
2004 Vlag van Switserland Roger Federer Vlag van Rusland Marat Safin
2003 Vlag van Verenigde State Andre Agassi Vlag van Duitsland Rainer Schüttler
2002 Vlag van Swede Thomas Johansson Vlag van Rusland Marat Safin
2001 Vlag van Verenigde State Andre Agassi Vlag van Frankryk Arnaud Clément
2000 Vlag van Verenigde State Andre Agassi Vlag van Rusland Jevgeni Kafelnikov

Vroue[wysig]

Jaar Wenner Finalis
2014 Vlag van Volksrepubliek van Sjina Li Na Vlag van Slowakye Dominika Cibulkova
2013 Vlag van Belarus Victoria Azarenka Vlag van Volksrepubliek van Sjina Li Na
2012 Vlag van Belarus Victoria Azarenka Vlag van Rusland Maria Sharapova
2011 Vlag van België Kim Clijsters Vlag van Volksrepubliek van Sjina Li Na
2010 Vlag van Verenigde State Serena Williams Vlag van België Justine Henin
2009 Vlag van Verenigde State Serena Williams Vlag van Rusland Dinara Safina
2008 Vlag van Rusland Maria Sjarapova Vlag van Serwië Ana Ivanović
2007 Vlag van Verenigde State Serena Williams Vlag van Rusland Maria Sjarapova
2006 Vlag van Frankryk Amélie Mauresmo Vlag van België Justine Henin
2005 Vlag van Verenigde State Serena Williams Vlag van Verenigde State Lindsay Davenport
2004 Vlag van België Justine Henin Vlag van België Kim Clijsters
2003 Vlag van Verenigde State Serena Williams Vlag van Verenigde State Venus Williams
2002 Vlag van Verenigde State Jennifer Capriati Vlag van Switserland Martina Hingis
2001 Vlag van Verenigde State Jennifer Capriati Vlag van Switserland Martina Hingis
2000 Vlag van Verenigde State Lindsay Davenport Vlag van Switserland Martina Hingis
Panorama oor die Margaret-baan gedurende die 2008-Australiese Ope.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Australian Open Weather / Extreme Heat Policy | Australian Open”. australian.open-tennis.com. 2011. URL besoek op 31 Januarie 2011.
  2. 2,0 2,1 Extreme heat policy likely at Australian Open - ABC News (Australian Broadcasting Corporation)”. abc.net.au. 28 Januarie 2009. URL besoek op 31 Januarie 2011.

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 37°49′18″S 144°58′42″O

Voorafgegaan deur:
VSA Ope
Grand Slam Kampioenskappe
Januarie
Opgevolg deur:
Franse Ope