Australiese Rugbyunie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Australiese Rugbyunie (ARU) is die bestuursliggaam wat rugby in Australië beheer. Die ARU is by die Internasionale Rugbyraad geaffilieer en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend die Wallabies, Australië se nasionale senior rugbyspan.

Geskiedenis[wysig]

In 1874 is die Suidelike Rugbyunie gestig wat vanuit Twickenham in Engeland beheer is. In 1881 is die administrasie aan Nieu-Suid-Wallis oorhandig en in 1892 het die Suidelike Rugbyunie van Nieu-Suid-Wallis en die Noordelike Rugbyunie van Queensland (gestig in 1883) die Nieu-Suid-Wallis Rugbyunie en die Queensland Rugbyunie geword.

Omdat Nieu-Suid-Wallis die ouer unie was, was hy ook verantwoordelik vir die administrasie van alle toere en vir die verteenwoordiging van Australië op die Internasionale Rugbyraad. In 1947 het die staatsunies ooreengekom dat dit beter vir die toekoms van rugby in Australië sou wees om deur een administratiewe liggaam beheer te word. In 1948 het die Internasionale Rugbyraad ’n uitnodiging aan Australië gerig (eerder as aan ’n verteenwoordiger van Nieu-Suid-Wallis) om ’n setel op die raad in te neem.

Die eerste vergadering van die Australiese Rugbyvoetbalunie is gehou op 25 November 1949 met 11 afgevaardigdes van Nieu-Suid-Wallis, Queensland, Suid-Australië, Wes-Australië, Tasmanië en Victoria. In 1972 het die Australiese Hoofstadgebied ’n lid geword en in 1978 het Noord-Australië ’n buitengewone lid geword. In 2004 het die AHG-unie sy naam verander na die AHG en Suidelike NSW Rugbyunie nadat twee streeksunies in suidelike Nieu-Suid-Wallis ’n verbintenis met die AHG aangegaan het.

In 1985 is die Australiese Rugbyvoetbalunie as ’n maatskappy geïnkorporeer en in 1997 het die naam verander na Die Australiese Rugbyunie Bpk.

Lidmaatskap[wysig]

Membership[wysig]

Daar is agt unies wat lede is van die ARU en ’n aantal geaffilieerde unies. Die unies wat lede is het afgevaardigdes met stemreg. Geaffilieerde lede het geen stemreg. Unies wat lede is:

Geaffilieerde unies:

  • Australiese Barbarian Rugbyklub
  • Australiese Juniors Rugbyunie
  • Australiese Rugbyvoetbal Skole-unie
  • Australiese Dienste Rugbyunie
  • Australiese Vereniging van Rugbyskeidsregters
  • Australiese Universiteite Rugbyunie
  • Australiese Vrouerugby
  • Classic Wallabies

Heldesaal[wysig]

Die ARU het ’n heldesaal. Elke jaar word twee of meer noemenswaardige Australiese rugbyspelers van alle eras van die internasionale spel in die Wallaby-heldesaal ingelyf. Ingelyfdes kom uit alle toetsspanne sedert die Wallabies vir die eerste keer in 1899 gespeel het. Oorweging word geskenk aan spelers se rugbyloopbaan maar inlywing rus nie alleen op statistiese prestasies nie.

Om in aanmerking te kom vir insluiting in die Wallaby-heldesaal moes ’n speler:

  • Ten minste een toets vir Australië gespeel het
  • Vir ten minste 10 jaar reeds uitgetree wees
  • ’n Groot bydrae tot die sport gemaak het
  • Uitstaande vaardighede, sportmangees, toewyding, karakter en persoonlike bydrae tot hul span en die spel in hul era getoon het.

Lede van die Heldesaal[wysig]

  • Tom Richards
  • Tom Lawton, Snr
  • Alex Ross
  • Cyril Towers
  • Sir Edward “Weary” Dunlop
  • Colin Windon
  • Sir Nicholas Shehadie
  • Tony Miller
  • John Thornett
  • Des Connor
  • Jon White
  • Ken Catchpole
  • John Hipwell
  • Mark Loane
  • Mark Ella
  • David Campese
  • Nick Farr-Jones


Eksterne skakels[wysig]