Azanian People's Organisation

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Azanian People's Organisation
AZAPO
Logo van die betrokke party.

Leier Jacob Dikobo
Gestig 1978
Hoofkwartier Suite 1900, 19e vloer
Kinesentrum
Commissionerstr. 141
Johannesburg
Ideologie Sosialisme
Swart Bewussyn
Internasionale affiliasie Geen
Amptelike kleure Swart, rooi, oranje
Webblad http://www.azapo.org.za/

Die Azanian People's Organisation (akroniem AZAPO) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is gefundeer op die filisofieë van die Swart Bewussynsbeweging soos ontwikkel deur Steve Biko, Onkgopotse Tiro en Vuyelwa Mashalaba.

Dit is in 1978 uit drie organisasies gestig: die Black People's Convention (BPC), die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) en die Black Community Programmes (BCP). Hierdie drie was maar 'n paar van dei swart bewussynsbewegings wat op Woensdag 19 Oktober 1977 verban is weens hul rol in die gewapende stryd en die opstande van 1976. In Oktober 1994 het AZAPO met 'n uitgeweke susterorganisasie, die Black Conciousness Movement of Azania (BCMA), saamgesmelt.

AZAPO het hom beywer vir die isolering van Suid-Afrika gedurende die sg. apartheidsjare deur 'n kulturele boikot in die land teweeg te bring. Die gewapende vleuel van AZAPO was die Nasionale Bevrydingsman van Azanië (Azanian National Liberation Army (AZANLA).

Op 21 Maart 1998 het 'n faksie van AZAPO afgestig om die Sosialistiese Party van Azanië (SOPA) te stig.

Gedurende die 1980's was die party betrokke in moorddadige tweestryd met die ANC. Sedertdien het AZAPO voortgesukkel as 'n klein politieke party waar hy twee setels in die Suid-Afrikaanse Parlement tydens die 2004 algemene verkiesing gewen het. Nadat die stemme weer getel is, is die setels egter verminder na een.

Verkiesingsresultate[wysig]

Verkiesing Stemme % Setels
2009 38,245 0.22 1
2004 39,116 0.25 1
1999 27,257 0.17 1

Sien ook[wysig]