Bab

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bab
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Die heiligdom van die Bab in Haifa, Israel

Geboortenaam Siyyid `Alí Muḥammad Shírází
Gebore 20 Oktober 1819
Sjiraz, Iran
Oorlede 9 Julie 1850
Tabris, Iran
Ouers Siyyid Muhammad Ridá (vader)
Fátimih Begum (moeder)
Bekend vir stigter van die Babisme
Termyn in amp 1844-1850
Opvolger Baha'u'llah
Huweliksmaat Khadíjih-Bagum

Bab (Arabies: ‏الباب, al-Bāb 'die poort [tot God]'; * 20 Oktober 1819 in Sjiraz, Iran; † 9 Julie 1850 in Tabris, Iran) is die religieuse erenaam van Siyyid `Alí Muḥammad Shírází (Persies: سيد علی ‌محمد شیرازی), die stigter van die Babisme. Die Babi en Bahá'í beskou hom as 'n profeet van God. Hy het onder ander die Bayan, wat vir die Babi en Bahá'í Heilige Skrifte is, geopenbaar.