Bandvin-balkghieliemientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bandvin-balkghieliemientjie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Opsaridium
Spesie: O. tweddleorum
Binomiale naam
Opsaridium tweddleorum
P.H. Skelton, 1996

Die Bandvin-balkghieliemientjie (Opsaridium tweddleorum) is 'n varswater vis wat voorkom in die Shirerivier, 'n sytak van die Zambezirivier en ook in riviere wat in die Malawimeer invloei. In Engels staan die vis bekend as Dwarf sanjika.

Voorkoms[wysig]

Die vis se dorsalevin is nader aan die stervin as die snoet, die stertvin is gevurk. Die kop is gepunt met 'n groot mond. Die vis is blouerig-grys en daar is 11-13 vertikale bane oor die lyf. Daar is 'n kenmerkende swart geboë band aan die bokant van die dorsale vin. Die mannetjies het prominente tuberkels op hulle koppe en vinne. Die vis word tot 110 mm lank.

Habitat[wysig]

Die visse leef in vinnig vloeiende strome oor rotsagtige gedeeltes by skoon sand. Hulle vreet insekte en ander ongewerweldes en broei in die somer.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]