Bandwydte
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bandwydte (soms ook bandbreedte genoem) is 'n maatstaf vir die hoeveelheid data (inligting) wat op een slag oor 'n bepaalde kanaal, soos byvoorbeeld 'n internet-verbinding of 'n oudio-video-koppelvlak, gestuur kan word. Die oordragsnelheid word in bisse per sekonde gemeet (afkorting: bps).

